Wat is jou naam?

Luke 8:26-39

Vandag hoor ons die Heilige Lukas se beskrywing van hoe Jesus Christus in die landstreek van die Gadaréners baie duiwels uit ‘n man gedryf het. Die duiwels het hierdie man afgebring tot ‘n bejammerenswaardige toestand en toe Jesus hulle konfronteer, was hulle bevrees en het hulle Hom gesmeek om hulle toe te laat om in ‘n trop varke te vaar. Die man is van sy besetenheid bevry, en toe die mense van die dorp daar aankom, het hulle hom volledig geklee en by sy volle verstand aangetref waar hy aan die voete van Jesus sit.

Hierdie gebeurtenis is baie dramaties, maar dit leer ons belangrike waarhede oor die mag van die bose in ons wêreld, en hoe Christus ons daarvan kom bevry. Die besetene het gewoon tussen die grafte, ‘n aanduiding van dood en bederf. Hy was naak, wat daarop dui dat hy sy natuur en  deug verloor het. Hy was in homself verdeel, want daar word vir ons gesê dat daar baie duiwels in hom was – hy was trouens so deur hulle besete dat toe Christus hom vra wat sy naam is, hy “legio” geantwoord het.demon-possessed healing

Hierdie dramatiese gebeurtenis bied ons ‘n uiterste voorbeeld van die mens se toestand waarvoor ons ons almal op die een of ander manier bevind. Sedert die sondeval is ons menslike natuur deur die mag van die dood bederf. Ons het almal in ‘n mate naak geword, want die Beeld van God in ons het dof geword. Waar ons  aan ons teenstrydige behoeftes oorgelwer is, het ons het almal verdeeld in onsself geraak.

Deur hierdie man te vra wat sy naam is, probeer Jesus Christus hom na homself terugbring en hom te herstel tot die persoon wat hy geskep is om te wees, onbelemmerd deur die invloed van demoniese magte. Met Pasga sing ons dat Christus die lewe skenk aan “hulle in die grafte”. Hy het na ons gekom om God se Beeld in ons te herstel, om ons te bevry van ons verdeelde verlanges en om ons innerlike eenheid te herstel sodat ons in staat kan wees om Hom te dien.

Gee jou bedoelinge in die gebed oor aan God, wat almal ken, selfs voor hul geboorte. En moenie vra dat alles volgens jou wil sal geskied nie, want die mens weet nie wat tot sy voordeel sal wees nie. Maar sê vir God: Laat u wil geskied! Want Hy doen alles tot ons voordeel.

Die Heilige Gennadius van Konstantinopel

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 20 Oktober  2013

Advertisements

3 Kommentaar

Filed under Uncategorized

3 responses to “Wat is jou naam?

  1. Liewe broeders en susters, Christus het opgegaan! Dankie vir die tekste. Is dit moontlik dié tekste ‘n bietjie vroeër, op Saterdagaand, te kry? In die liefde van die Here, Gesëende Sondag, av prot. aleksandr

    • Baie dankie, Av Alexandr! Ek sal die teks in die vervolg probeer plaas Saterdagaand.

      • Baie dankie, Vr. Zacharias!
        Hiermee deel ek met u die volgende nuus dat ek vir my FB in Nederlands geskrywe het; de Aartsbischop is vandag oorlede in Maastricht. Ek weet dat u, die priesters vanuit die Goeie Hoop hom ontmoet het. Laat ons bid vir sy rus :
        Aartsbisschop Gabriël (van Komana) overleed vandaag in Maastricht (Nederland). Hij was aan het hoofd van de Russisch-orthodoxe Aartsbisdom van de Russisch-Orthodoxe Kerken in West-Europa onder de omophoron van de het Oecumenisch Patriarchaat van Constantinopel geweest. Hij moest opgeven om gezondheidsredenen, vervangen door Metropoliet Emmanuel. Hij kon niet terug naar zijn huis en was verwelkomd door de Afrikaanse Missie Vaders in Maastricht. Eeuwige gedachtenis, Вечная память ему.
        In die liefde van die Here,
        av aleksandr

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s