Die Mag van God

Lukas 8:41-56

Vandag vertel die Heilige Lukas ons van twee merkwaardige wonderwerke wat Jesus Christus gedoen het. Ons hoor hoe Jaïrus, ‘n owerste van die sinagoge, na Jesus kom soek  en Hom smeek  om na sy huis te kom om sy dogter wat sterwend was, te genees. Maar voor hulle sy huis kon bereik, is Jesus genader deur ‘n vrou wat aan bloedvloeing ly wat die soom van sy kleed aangeraak het en genees is. Skaars het dit gebeur, of Jaïrus ontvang ‘n boodskap dat sy dogter dood is. Sonder om ontmoedig te word, gaan Jesus na die huis, gryp die kind aan die hand en laat haar opstaan.Healing of the Woman

Die opstanding van Jaïrus se dogter tot die lewe is ‘n dramatiese gebeurtenis wat ten doel gehad het om vir ons te toon dat Jesus Christus gesag het oor selfs die dood. As die oorsprong van die lewe, het Hy mag oor lewe en dood, en hier sien ons hoe Hy sy eie oorwinning oor die dood vooruitloop ten einde te toon dat die dood nie meer mag oor ons het nie. In plaas daarvan het dit geword soos om te slaap.

Hierdie vertelling van die dogtertjie wat uit die dood opgewek word, word onderbreek deur die genesing van die vrou wat aan bloedvloeing gely het. Dit is op sigself ‘n belangrike gebeurtenis van genesing, want hierdie vrou het gely aan ‘n kwaal wat haar volgens die voorskrifte van die Joodse wet onrein gemaak het. Raad-op het sy dit gewaag om na Christus uit te reik en die soom van sy kleed aan te raak en is sy oombliklik genees. En veelbetekenend word daar vir ons vertel dat Jesus Christus geweet het dat krag van Hom af uitgegaan het. Dit was sy eie krag en die Vaders sê vir ons dat net God deur sy eie krag kan genees. Deur hierdie vrou te genees, het Hy sy goddelikheid geopenbaar. Jesus Christus genees nie deur die krag van iemand anders nie, maar deur Wie Hy is. So ook laat Hy die dooies opstaan omdat Hy Self die Oorwinnaar van die dood is.

Hy het ‘n menslike liggaam aangeneem sodat die mensdom goddelikheid kan bereik, en Hy het sy goddelikheid openbaar sodat sy menslikheid nie vertrap sou word nie

Die Heilige Efrem die Siriër

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 27 Oktober  2013

Advertisements

1 Kommentaar

Filed under Uncategorized

One response to “Die Mag van God

  1. Christus het opgegaan!
    Baie dankie vir die teks, wat ek al Saterdagaand gevind het!
    In die liefde van die Here, sêeninge en vriendelike groete,
    av aleksandr

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s