Die Ryk Man en Lasarus

Lukas 16:19-31

In vandag se Evangelielesing hoor  ons die gelykenis van die ryk man en Lasarus wat Jesus vertel het en soos deur Lukas aangeteken. Na ons die afgelope paar weke Lukas se vertellings oor genesende wonderwerke gehoor het, kan hierdie gelykenis nogal ontnugterend wees, want dit stel ons voor die werklikheid van die oordeel en herinner ons aan ons verantwoordelikheid teenoor diegene om ons.Lazarus

Die verhaal wat vertel word, is heel eenvoudig: ‘n Ryk man kom te sterwe na hy geen medelye gehad met die arm man wat by sy poort gelê het nie. Na sý dood word die arm man deur die engele in die hemel verwelkom en na die boesem van Abraham gebring, terwyl die ryk man die vuur van die hel moet verduur. En al smeek hy om verligting, ontvang hy dit nie.

Die ryk man is nie veroordeel omdat hy ryk was, of selfs dat hy besonder hardvogtig of wreed was nie. Sy sonde is dié van verwaarlosing. Hy het eenvoudig nie sy naaste as mens kon raaksien nie en het geen verantwoordelikheid vir hom geneem nie. Selfs terwyl hy in die onderwêreld in smarte is, toon hy geen teken van ware bekering nie, want hy bly net behep met homself en sy eie familie. Die Heilige Johannes Chrysostomos sê dat hierdie ryk man se siel al voor sy liggaam dood was, want “hy het geeneen van die werke van die siel gedoen nie. Al die warmte wat kom uit die liefde vir ons naaste het die wyk geneem, en hy was meer dood as sy liggaam.”

Die sleutel tot verlossing word nie bloot gevind in wat ons doen en wat ons nie doen nie. Dit word veelmeer gevind in die houdings wat ons teenoor God en teenoor ons broers en suster inneem. Is ons so vasgevang in ons eie egotiestiese verlanges dat ons blind geword het vir die behoeftes van diegene om ons? Die hersenskim van selfgenoegsaamheid is vir hierdie naamlose ryke sonder meer verpletter, want hy het daarin misluk om te besef dat hy sy naaste vir sy verlossing nodig het.

Ons lewe en ons dood is saam met ons naaste. As ons ons broer win, het ons God gewin maar as ons ons broer aanstoot gee, het ons teen Christus gesondig.

Die Heilige Antonius die Grote

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 3 November  2013

Advertisements

1 Kommentaar

Filed under Uncategorized

One response to “Die Ryk Man en Lasarus

  1. Baie Dankie, Vr. Zacharias en laat ons saam aandbid!
    Christus het opgegaan! av prot. aleksandr

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s