Wie is my naaste?

Lukas 10:25-37

Vandag vertel Lukas die bekende verhaal van die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan. Hy beskryf hoe ‘n wetgeleerde Jesus wou versoek. Nie tevrede met die wete dat die pad na verlossing beteken om God sowel as jou naaste lief te hê nie, oefen hy verdere druk op Jesus uit en wil hy weet presies wie dan nou my naaste is. En in antwoord of die vraag: “Wie is my naaste?” vertel Jesus dan hierdie gelykenis vertel.

Ten einde Christus se antwoord in hierdie gelykenis te verstaan, moet ons ‘n begrip hê van die vyandskap wat tussen Jode en Samaritane bestaan het. Die Jode het die Samaritane verag en die blote gedagte dat ‘n Samaritaan die naaste kan wees waarna die Wet verwys, sou vir ‘n praktiserende Jood ondenkbaar wees.

In hierdie gelykenis sien ons hoe God deur ons “normale” menslike manier van dink, breek. Jesus Christus sê vir ons dat ons naaste nie net iemand is met wie ons ‘n bloed-,taal- of soortgelyke verwantskap het nie. Is naaste is veelmeer die persoon wat God op enige gegewe oomblik op ons pad plaas.Samaritaan

Dit is in ons antwoord op hulle wat God in ons daaglikse lewe op ons pad plaas dat ons ons ware antwoord op God sien. Al te dikwels hou ons daarvan om in beheer te wees: Ons is tevrede om barmhartigheidswerk te doen wat ons pas. Maar God kan mense op ons pad plaas wat ons nie noodwendig sou kies nie en die naaste wat God vir ons kies, is miskien die laaste persoon wat ons sou gekies het om iets mee te doen gehad het. En Jesus Christus leer ons dat dit juis in ontmoetings van hierdie aard is dat ons ons ware pad na verlossing vind.

Die Here wil hê dat ons mekaar moet liefhê. Hierin is vryheid geleë: in liefde vir God en naaste. In hierdie vryheid is daar gelykheid. In terme van hoe dinge op aarde gebeur,  kom gelykheid miskien nie voor nie, maar dit is nie vir die siel belangrik nie. Nie almal kan koning wees nie, of patriarg of die baas. Maar in enige posisie is dit moontlik om God lief te hê en Hom te behaag, en net dit is belangrik. En wie God op aarde met groter liefde liefhet, sal in sy Koninkryk groter wees.

Die Heilige Siloean die Athoniet

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 10 November  2013

Advertisements

1 Kommentaar

Filed under Uncategorized

One response to “Wie is my naaste?

  1. Goeie Vriende in die Here,
    Christus het opgegaan. Ek bid vir julle in die tyd van vasten, ons sal die Kersvasten op komende 28de November, maar ek bid met julle. In die liefde van Christus, av aleksandr

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s