Om groter skure te bou

Lukas 12:16-21

Ons hoor Jesus Christus vandag ‘n streng waarskuwing gee oor die gevare van hebsug. Hy vertel die gelykenis van die ryk man wat “vir homself skatte vergader en ryk is in God nie.” Toe sy oes ‘n goeie opbrengs gelewer het, het hierdie man vir homself gesê dat hy sy ou skure gaan afbreek en dan groter sou bou en al sy opbrengste en goed daarin gaan insamel. Min het hy besef dat hy daardie selfde aand nog sou sterf  en dat al sy besittings vir hom van geen nut sou wees nie.rich_barns

Terwyl die vrugte van die aarde goed is en aan ons gegee word om wys te gebruik, het ons menslike natuur deur die sondeval bedorwe geraak en daarom is ons geneig om daaraan te probeer vasklou, en word ons daardeur vasgevang, of  dink ons dat ons ons daarmee kan verseker teen die gevare waarvoor ons te staan kom. Hierdie gelykenis stel ons voor die werklikheid van die dood en die feit dat materiële rykdom vir ons van geen nut sal wees wanneer ons sterf nie. As ons trouens op ‘n hebsugtige manier daaraan probeer vasklou, kan dit selfs ‘n belemmering wees, want dit verhoed ons daarvan om die geestelike skatte bymekaar te maak waaroor Christus praat.

Waar ons die Kersvastyd ter voorbereiding van die Vleeswording van Christus met Kersfees begin, word ons gevra om waaksaam en sober te wees. Dit is ‘n tyd om voorraadopname te neem van waaroor die lewe eintlik gaan. Die herinnering dat ons gaan sterf, moontlik onverwags, is nie bedoel om ons droefgeestig en mismoedig te maak nie, maar moet ons help om ons toe te spits op die dinge wat na die dood bly bestaan. Want ware vreugde bestaan nie uit die opstapeling van besittings nie, maar liewer daarin om in ‘n gesonde verhouding met God en met diegene  om ons te staan en in die gebruik van ons besittings op ‘n manier wat ander sal bevoordeel.

“Ek sal my skure afbreek en groter bou.” Wanneer jy ook dit volgemaak het, wat gaan jy doen? Sal jy dit ook afbreek en weer groter bou? Wat is ‘n erger malheid as om eindeloos gekwel te word: om gedrewe te bou en dan weer onmiddellik af te breek? As dit is wat jy wil hê, het jy die huise van die armes vir jou skure. “Maak skatte in die hemel bymekaar”: Wat daar bymekaar gemaak is, is “waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie.” 

Die Heilige Basilius die Grote

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 17 November  2013

Advertisements

2 Kommentaar

Filed under Uncategorized

2 responses to “Om groter skure te bou

  1. Jammer dat dit so laat is, Av Alexandr! Ek het vergeet om dit gister al op ons webblad te plaas. Ek sal my bes doen om dit volgende week betyds te doen.

  2. Liewe Vr. Zacharias, Christus her opgegaan!
    ‘N bietjie laat maar is dat so “belangrik”. Ek kry die tekste en laai hul op vanaand. Ek het a lop ‘n voerige blad geantwoord!!! maar ek bid met julle op hierdie dae van Kersvasten, wat vir ons op de 28de November begin. Ook gebede vir vie inwoners in Kaapstad, wat deur erg wataresstrome gaan. In die liefde van die Here, av aleksandr

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s