Lukas 18:35-43
Vandag hoor ons die Heilige Lukas se beskrywing van hoe Jesus Christus ‘n blinde bedelaar op die pad naby Jérigo genees het. Toe die man hoor Wie verbygaan, het hy uitgeroep: Jesus, Seun van Dawid, wees my barmhartig.” Toe Jesus hom vra wat hy wil hê, het hy gesê: “Dat ek weer kan sien.” Jesus Christus sê dan dat sy geloof hom gered het en, met sy sig herstel, het hy God verheerlik.
Daar is baie verhale van Jesus wat genesingswonders doen, en tog het hulle ook ‘n betekenis wat die genesing wat spesifieke mense ervaar, te bowe gaan. In hierdie hierdie gebeurtenis sien ons God se mag in Jesus Christus geopenbaar. Hy kan sig aan hierdie man gee omdat Hy Self die Lig van die wêreld is.
Die genesing wat Christus bring, is nie net die letterlike genesing van liggaamlike blindheid nie, maar ook ‘n geestelike genesing. Ons is almal in ‘n mate blind, want ons sig is deur die sondeval bederf. Ons dink miskien ons sien dinge duidelik, maar al te dikwels is hoe ons dinge waarneem, deur ons eie hartstogte verdof. Soos hierdie man moet ons ook met die oë van die geloof leer kyk.
Hierdie man het geweet dat hy blind is, maar ons doen al te dikwels groot moeite om onsself te oortuig dat hoe ons dinge sien, juis is. Om te erken dat ons minstens gedeeltelik blind is, dat ons nie al die antwoorde het nie, of dat daar anders na dinge gekyk kan word, kan baie bedreigend wees. Tog is dit net wanneer ons ons eie nood kan erken en God met nederigheid aanroep dat ons in staat is om sy gawe van genesing te ontvang.
Die Lig het in die wêreld gekom om sig te gee aan die blindes en geloof aan hulle wat dit ontbreek het.
Die Heilige Efrem die Siriër
Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 1 Desember 2013
Warme gebede en beste groete vir Vr. Zacharias en die gemeenskap van “die Goeie Hoop”, Christus het opgegaan, av aleksandr
Dankie vir die weeklikse warm groete, Av Alexandr!