Die Lig van die Wêreld

 Matthéüs 4:12-17

Vandag, op die Sondag na Teofanie, hoor ons hoe Jesus Christus, na sy doop in die Jordaanrivier en die gevangenissetting van die Heilige Johannes die Doper, na Galiléa teruggegaan het waar Hy begin preek het. Die Heilige Matthéüs sê vir ons dat dit so was dat die woorde van Jesaja vervul sou word wat verkondig het dat die volk wat in die duisternis gesit het ‘n groot lig gesien het.Church_of_Christ_icon

Die fees van Teofanie is ‘n fees van die Lig. Deur met sy Geboorte onder ons te kom woon, het die lig van Jesus Christus die duisternis van ons wêreld binnegekom, en met sy Doop in die Jordaan is hierdie lig openlik aan die hele wêreld openbaar. Nou sien ons hoe hierdie lig begin versprei, eers in Galiléa, maar uiteindelik sal die Lig van Christus, bietjie vir bietjie, deur die hele wêreld versprei.

Soos die Heilige Johannes die Doper, het Jesus mense tot bekering geroep, “want die Koninkryk van die hemele het naby gekom.” Die Heilige Johannes het gepreek dat die Koninkryk aan’t  kom was, maar nou, met die koms van Christus, is die Koninkryk “naby”, want die teenwoordigheid van Jesus Christus maak die Koninkryk teenwoordig. Maar dit is net die begin en moet voortgaan om te groei totdat dit in die volheid daarvan bestaan.

Ons betree die Koninkryk van die Hemel deur bekering, ‘n bekering wat nie ‘n eenmalige gebeurtenis is nie, maar ‘n proses waarmee ons lewenslank moet volhou. Terwyl bekering beteken om ons van die sonde af te keer, is dit egter nie ‘n droefgeestige, negatiewe dissipline nie, maar veelmeer ‘n vreugdevolle wending tot God. Want ‘n lewe van bekering beteken die kies van dit wat ons diepste verlanges waarlik bevredig; en terwyl ons ons wil in ooreenstemming bring met die Wil van God, ontdek ons ware vryheid en ‘n vreugde waarby niks anders kan kom nie.

Die “groot lig” is Christus ons Here en die helderheid van die prediking van die Evangelie.

Die Heilige Cyrillus van Alexandrië

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 12 Januarie 2014

Advertisements

2 Kommentaar

Filed under Uncategorized

2 responses to “Die Lig van die Wêreld

  1. Av Aleksandr Avraham

    Christus is gebore, Christus het opgegaan! Beste groete en gebede,
    av aleksandr

  2. Dankie vir die kommentaar en goeie wense, Av Alexandr!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s