Ek moet vandag in jou huis bly

  Lukas 19:1-10

Vandag hoor ons die Heilige Lukas se vertelling van die bekoorlike en tog uiters prikkelende bekering van Saggéus. As tollenaar word hy deur sy eie mense as ‘n uitgeworpene beskou omdat hy met die Romeinese besetters saamwerk en homself in die proses verryk het. Toe Jesus in Jericho kom, het Saggéus, omdat hy Hom wou sien, en omdat hy klein van persoon was, in ‘n wildevyeboom geklim. Wetend dat hy daar is, het Jesus Christus tot hom geroep om af te klim en gesê dat Hy na sy huis toe kom. Saggéus het met vreugde gereageer en Jesus Christus in sy huis verwelkom, en beloof om die helfte van sy eiendom aan die armes te gee en om almal wat hy afgpers het, viervoudig terug te betaal.Zacheus

Saggéus was duidelik nuuskierig oor Jesus Christus, tog was hy ook ongemaklik. Bewus daarvan dat hy ‘n uitgeworpene is en miskien ook verbouereerd omdat hy so kort van postuur was, het hy in die boom weggekruip vanwaar hy kon sien wat gebeur terwyl hy tog ‘n sekere afstand handhaaf. Ook ons word miskien aangetrek deur ‘n lewe van geloof en is miskien daarvan bewus dat iets in ons lewens kortkom, en tog hou ons terug, bewus van ons eie ontoereikendhede of bang vir wat ander van ons sal dink. Jesus Christus breek egter deur Saggéus se verdedigingsmiddele; Hy spreek hom regstreeks aan en weet presies wat hy nodig het.

Jesus kondig aan dat hy na Saggéus se huis kom. In Bybelse taal beteken dit dat Hy kom om Saggéus se lewe met hom te deel en om in ‘n verhouding met hom te tree. Om Jesus Christus in ons lewens te verwelkom, beteken dat ons Hom leer ken en Hom toelaat om ons te leer ken, ook daardie dele van onsself wat ons liewer nie wil hê Hy  moet sien nie. Maar dit is net daardeur dat ons ware genesing en vrede kan vind en die stappe kan doen wat ons moet doen ten einde met God sowel as diegene om ons versoen te raak.

Reinig jou denke van toorn, die onthou van boosheid, en skandelike gedagtes, en dan sal jy uitvind hoe Christus in jou woon.

Die Heilige Maximus die Belyder

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 26 Januarie 2014

Advertisements

1 Kommentaar

Filed under Uncategorized

One response to “Ek moet vandag in jou huis bly

  1. Dankie vir herinnering, Av Alexandr! Ek het vergeet om dit op ons webblad te plaas. Seënwense!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s