Die verlange van ons harte

  Lukas 2:22-40

Vandag, op die fees van die voorstelling (Ontmoeting) van die Here in die tempel, hoor ons die Heilige Lukas se beskrywing van hoe  Jesus, toe Hy as kindjie na die tempel gebring is, gegroet is deur die oue Simeon, wat saam met die profetes Anna baie jare gewag het vir koms van die Christus. Daar word vir ons gesê dat hy “regverdig en vroom” was, dat hy “die vertroosting van Israel verwag het” en dat “die Heilige Gees op hom was.” Die Heilige Gees het dit aan hom openbaar dat hy voor sy dood die Christus sou sien.presentation

Simeon verteenwoordig die verlange na God van die volk Israel, maar hy verteenwoordig ook die verlange van ons eie harte. Die Heilige Lukas stel hom aan ons voor as iemand wat bewus was van sy eie verlange na God. Sy hele lewe was trouens gerig op die koms van Christus. Hy het met groot afwagting gewag, en kon Hom daarom herken en Hom verwelkom toe Hy kom. Toe hy die kindjie Jesus sien, het Simeon geweet dat sy lewenstaak verby was en dat hy in vrede kon heengaan.

Ons verlang almal in ons harte na God, of ons nou daarvan bewus is of nie. Dit is gewoonlik nie so duidelik omskryf soos Simeon se verlange nie, en ons word nie geroep om op dieselfde wyse daarop te reageer nie. Dit is nogtans belangrik  dat ons hierdie verlange erken wat moontlik diep in ons harte begrawe lê en deur baie afleidings bedek mag wees. Die Christelike geloof gaan nie bloot oor die nakom van reëls of die aanvaarding van geloofswaarhede nie. Dit is veelmeer ‘n ontmoeting met die Persoon van Christus wat alleen die diepste verlanges van ons harte kan bevredig. Ons moet in voeling wees met ons eie harte en ons eie verlanges suiwer, sodat ons, soos Simeon, Jesus Christus sal kan herken en verwelkom.

Gaan die skatkamer wat binne jou is gretig binne, en jy sal die skatkamers van die hemel sien. Die leer wat na die Koninkryk lei, is binne in jou versteek, en word gevind in jou siel. Daal in jouself af, en in jou siel sal jy die sporte ontdek waarmee jy hemelwaarts moet klim.

Die Heilige Makarios die Grote

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 2 Februarie  2014

Advertisements

2 Kommentaar

Filed under Uncategorized

2 responses to “Die verlange van ons harte

  1. abbaa

    Liewe Vr Zacharias, gebede en seënings vanuit Jerusalem, Christus het opgegaan, av aleksandr

  2. Dankie, weereens, vir die vriendelike groete, Av Alexandr!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s