Om te leer sien

  Jn. 1:43-52

Vandag, op die eerste Sondag van die Groot Vastyd, wat ook die Sondag van die Ortodoksie is, hoor ons die Heilige Johannes se vertelling van die roeping van die eerste dissipels. Vandag se Evangelielesing vertel vir ons hoe Jesus Filipus geroep het en hoe hy toe vir Natanael gaan roep het wat skepties gevra het of iets goeds uit Násaret kon kom. Sy oë is egter geopen toe die Here vir hom sê hoe hy hom onder die vyeboom sien sit het. Jesus Christus sê vir hom: “Jy sal groter dinge sien as dit ….Julle sal die hemel geopend sien en die Engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens.”Wall-Painting-Christ-in-Glory-Shrewsbury-3433a-

Ons lees hierdie Evangelielesing aan die begin van die Vastyd omdat dit vir ons die rigting van ons reis aantoon. In die vroeë Kerk was die Vastyd ‘n tyd waarin nuwe bekeerlinge voorberei is vir die doop, waarna verwys is as die verligting, want om ‘n Christen te word, beteken om met die oë van die geloof te leer kyk.

Die meeste van ons is reeds gedoop en ons oë is oopgemaak vir die waarheid van die geloof. En tog neig ons sig om te verdonker en moet ons almal leer sien met die oë van die geloof. In die aanpak van die reis na Pasga, die groot fees waarin die Lig van Christus alle duister oorwin, moet ons ons kan voorberei om daardie lig te ontvang. Ons moet gereinig word sodat Christus se lig ons nie verteer nie, maar ons in plaas daarvan lewe gee en ons na die aanskoue van God lei.

Die doel van ons Vastyddissipline is om ons te help om die dieptes van ons eie harte binne te gaan sodat ons kan leer sien met “die oof van die hart”, sodat wanneer ons God aanskou, ons lewe in Hom mag ontvang.

Toe Moses, die heerlike,  deur die vas gereinig is,  is hy toegelaat om U, na Wie sy verlange uitgegaan het,  op die berg aanskou.  Volg hom dan na, my siel,  haas jou om in hierdie dae van onthouding  gereinig te word van die kwaad,  sodat jy die Heer wat jou vergifnis skenk,  in jou siel mag sien,  want Hy is die goeie, die mensliewende en almagtige Heer.

Uit die Tweede Vespers vir die Eerste Sondag van die Vastyd

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 9  Maart  2014

Advertisements

2 Kommentaar

Filed under Uncategorized

2 responses to “Om te leer sien

  1. Goeie Vastydsondag! av aleksandr

  2. Dankie vir die goeie wense, Av Alexandr! Ek wens u natuurlik dieselfde toe vir die Vastyd.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s