Jou Sondes is jou Vergewe

  Mark 2:1-12

Vandag hoor ons die Heilige Markus se vertelling van die genesing van die verlamde. Daar word vir ons vertel hoe hierdie man deur sy vriende na Jesus gebring is, en vanweë die skare in die huis waar Jesus was, deur die dak in die huis neergelaat moes word. Daar word vir ons vertel dat Jesus op die geloof van die man se vriende gereageer het deur vir die verlamde te sê dat sy sondes vergewe is  – iets wat die skrifgeleerdes kwaad gemaak het, want God alleen kan sondes vergewe – en hom later opdrag te gee om op te staan en te loop.Paralytic

Namate ons op ons Vastydse reis vorder, gee die Kerk vir ons hierdie lesing om ons daaraan te herinner dat ons almal siek is en genesing nodig het. Die binnekom van sonde in die wêreld, die verlies aan die Paradys, waaraan ons aan die begin van die vas herinner is, het beteken dat ons menslike natuur bedorwe en siek geraak het. Die bekering waartoe ons geroep word, is in sy diepste wese ‘n manier waardeur ons genees kan word deur Christus,  die Goddelike Geneesheer.

Dit is die moeite werd om daarop te let dat hierdie verlamde deur sy vriende na Jesus Christus gebring is. Hy kon nie op sy eie by Hom kom nie en dit was in antwoord op hulle geloof dat Christus hom genees het. Ons het ander nodig om ons te help om Christus te nader, om ons ons eie behoefte aan genesing te help erken, en Hom aan te roep. Ons kan dit nie op ons eie doen nie. Die dienste van die Kerk in hierdie Vastyd, en die middele tot bekering wat sy ons bied, is nie daar bloot om nog ‘n las op ons lewens te plaas, of om ons belangrik te laat oor ons eie asketiese pogings nie. Dit is veelmeer daar om ons te help om ons te bekeer, om ons te help kom op ‘n plek waar ons – nie net in woorde nie, maar in die dieptes van ons harte – ons eie behoefte aan genesing besef en ons so kan oopstel vir die Goddelike Geneesheer wat daarna verlang om ons gesond te maak.

Bring my wat dood was weer terug na die lewe en reinig my deur die vas nou dat ek wenend tot U roep: Meester Christus, wees medelydend met my in u groot barmhartigheid.

Uit die Tweede Vespers vir die Tweede Sondag van  die Vastyd

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 16  Maart  2014

Advertisements

2 Kommentaar

Filed under Uncategorized

2 responses to “Jou Sondes is jou Vergewe

  1. Geseënde Vastyd in die liefde van die Here, vanuit Jerusalem, av aleksandr

  2. Ek is ‘n week laat met hierdie antwoord; jammer!
    Dankie, Av Alexandr, en dieselfde vir u.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s