Ons kosbaarste Gawe

 John 12:1-18 

Ons betree vandag, waar ons Palmsondag vier, die heiligste tyd van die Kerkjaar. En vandag hoor ons die verhaal uit die Heilige Johannes se Evangelie van hoe Jesus deur die Heilige Maria van Betanië gesalf is.annointment-jesus-01.jpg.

Gister, op Lasarussaterdag, het ons gedenk hoe Jesus Christus Lasarus uit die dode opgewek het, en ons so ‘n voorsmaak te gee van sy eie opstanding. Vandag se Evangelielesing plaas ons weer in Betanië, waarheen Christus gegaan het om Maria en Martha en Lasarus te besoek. En daar word vir ons vertel dat Maria ‘n fles baie kosbare salf gebring het, dit op Jesus se voete uitgegiet het en dit met haar hare afgevee het, tot ergernis van Judas Iskariot wat dit  as ‘n vermorsing van geld gesien het.

Die Kerk gee ons hierdie lesing waar ons Heilige Week betree want, soos Christus Self sê, Maria salf Hom vir sy begrafnis. Haar handeling is ‘n profetiese gebaar wat toon Wie Hy werklik is en profeteer die dood wat Hy op die punt staan om te ondergaan. Maar dit is ook ‘n handeling wat die tere toewyding toon wat in Jesus Christus se volgelinge ontlok word. Deur sy voete te salf met kosbare salf, het Maria aan Christus die kosbaarste ding gegee wat sy gehad het. Sy het in werklikheid haar hele lewe voor Hom uitgegiet.

Waar ons Heilige Week ingaan, spoor hierdie Evangelielesing ons aan om ons hele lewe na Christus te bring, en om toe te laat dat sy lyding en dood ons in die dieptes van ons harte raak sodat ook ons op Hom sal kan reageer met ons hele lewe.

As jy hierdie Liggaam, dit wil sê die Kerk, liefhet, bring water vir sy voete en soen sy voete, en vergewe nie net hulle wat in sonde vasgevang geraak het nie, maar gee hulle ook deur jou genade harmonie en stel hulle gerus. Giet salf uit op sy voete, sodat die hele huis waarin Christus by die tafel aansit, gevul mag word met die geur van jou salf, sodat almal aan tafel bly kan wees oor jou  geur. Met ander woorde, gee eer aan die geringste.

Die heilige Ambrosius van Milaan

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 13 April 2014

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s