Die Vreugde van Pasga

Markus 16:1-8

Paasfees is die absolute kern van die Kerk se jaar en die kern van ons geloof. Dit is die fees der feeste. Soos die Heilige Paulus vir ons sê, as Christus nie uit die dode opgestaan het nie, is ons geloof vergeefs (1Kor. 15:14)

Die woord “Pasga” kom van die Hebreeus. Hierdie pasga word in die boek Exodus beskryf en gedenk die bevryding van die volk Israel van die slawerny in Egipte, ‘n bevryding wat ‘n voorafskaduing en aanduiding was van die groot reddende daad van Jesus Christus in sy Opstanding uit die dode.Pasen

Ons is maar al te bewus van die krag van die dood in ons wêreld. Sedert die begin van die Vastyd vereenselwig ons ons met Adam en Eva en hul val uit die Paradys. In ons gebroke menslike toestand ervaar ons die gevolge van die sonde, en ons eie magteloosheid om dit te verander.

Christus kom egter na ons as die nuwe Adam. Hy neem ons verdorwe natuur op Hom ten einde dit te vernuwe en in sy dood oorwin Hy die mag van die dood in ons vlees. Saam met Hom gaan ons van die slawerny van die sonde en die dood oor na vryheid en ‘n nuw lewe.

Dit is die rede vir ons Paasvreugde: Jesus Christus het die mag van die dood vernietig, en deur op te staan uit die dode het Hy die poorte van die Paradsy vir ons geopen.

Dit is die dag van Opstanding! Laat ons straal van vreugde, o volke. Pasga, die Pasga van die Here. Want vanuit die dood na die Lewe, en vanaf die aarde na die hemel, het Christus God ons gebring, terwyl ons die lied van oorwinning sing.

Katawasia van die Eerste Ode uit die Paasmette

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 20 April 2014

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s