In 2010, tydens ‘n besoek aan Engeland, het ons gemeentelid Adriaan Mocke ‘n CD van die Liturgie wat ons hier opgeneem het met hom saamgeneem as geskenk aan Metropoliet Kallistos, seker die man wat die grootste invloed op die Engelssprekende Ortodokse wêreld tot dusver gehad het. Later het vr. Zacharias ‘n bedankingsbriefie van hom gekry. Om ‘n persoonlike brief van die metropoliet te ontvang, is skynbaar ‘n rariteit. Hierdie briefie was ‘n tydlank soek, maar is pas weer ontdek en kan hier gelees word: Brief van Metropoliet Kallistos Ware