Die Ware Kennis van God

Johannes 17:1-13

Die afgelope Donderdag het ons die Hemelvaart van Jesus Christus gevier en volgende Sondag vier ons die koms van die Heilige Gees met Pinkster. Christus is nie meer in ‘n liggaamlike gedaante onder ons soos wat Hy eens was nie, maar Hy verseker ons dat sy Heilige Gees ons sal vertroos, versterk en lei.pantocrator-1

Vandag is ook die Sondag waarop ons die Vaders van die Eerste Ekumeniese Konsilie gedenk. Ons vereer hulle vir die ywer waarmee hulle die ware geloof beskerm het, iets wat in ons hedendaagse wêreld ‘n bietjie misplaas kan voorkom, waar die klem so sterk op verdraagsaamheid en verskeidenheid is. Maar dit is belangrik om te besef waarom die Kerk daarop aandring dat die lewe wat Christus ons nagelaat het, bewaar moet word, want hier vind ons die waarheid wat ons na God lei, en in staat stel om deur sy lewe gevoed te word.

In vandag se Evangelielesing vertel die Heilige Johannes vir ons van Jesus se gebed voor sy Kruisiging, waar Hy bid vir sy volgelinge, en vra dat hulle in die waarheid bewaar sal word en in eenheid met mekaar. “Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat  U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.”

Die waarheid van die Evangelie en die geloof van die Kerk is nie iets abstrak nie, nog minder iets onderdrukkend waaraan ons ons moet onderwerp uit vrees vir straf nie. Dit is veelmeer die moontlikheid om te deel in die gemeenskap van die Kerk, om gelei te word na ‘n groter deelname aan God se eie lewe. Dit is geen abstrakte kennis nie, maar ‘n kennis wat lei na die lewe en bron van groot vreugde is.

Laat ons ons op die rots van die geloof en die Tradisie van die Kerk plant, en nie die bakens verwyder wat deur ons heilige vaders gestel is nie, en ook nie ruimte gee aan diegene wat gretig is om nuwighede in te voer en om die struktuur van God se heilige, ekumeniese en apostoliese Kerk te ondermyn nie. Want as almal die vrye hand gegee sou word, sal die Liggaam van die Kerk stukkie vir stukkie vernietig word.

Die Heilige Johannes van Damaskus.

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 1 Junie  2014

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk, Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s