Tot Heiligheid Geroepe

 Matthéüs 10:32-33; 37-38; 19:27-30

Waar ons vandag die Sondag van Alle Heiliges vier, hoor ons Jesus Christus wat sy dissipels sowel aanspoor as verseker van die loon wat op húlle wag wat alles verlaat het om Hom te volg, en wat aan Hom getrou gebly het ten spyte van die swaarkry en vervolging. Hy sê vir ons dat “wie  vader of moeder bo My liefhet, is my nie waardig nie” en dat “elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat, honderd maal soveel (sal) ontvang en die ewige lewe beërwe.”all_saints011

Dit is prikkelende woorde. Ons kan beslis sien hoe dit op dramatiese wyse tot uitdrukking kom in die lewens van baie van die Heiliges, wat hul gesinne en families,  en soms selfs hul vaderland,  ter wille van die Evangelie letterlik verlaat het. Maar ons kan miskien wonder hoe hierdie woorde op ons van toepassing is. Word ons nie ook tot heiliged geroep nie?

Die lyk asof daardie antwoord geleë is in wat in ons harte is. Christus sê dat ons nie ons families en gesinne moet liefhê nie, en ook nie almal word geroep om hulle gesinne en families en vaderland te verlaat nie. Maar Hy sê wel dat as ons hierdie dinge bo Hom liefhet, is ons Hom nie waardig nie.

Waartoe Jesus Christus ons roep, is die regte ordening van dit wat ons liefhet. As Hy die middelpunt van ons lewens is, sal ons alles wat Hy ons gee, kan liefhê, maar op so ‘n manier dat dit God verheerlik. En as ons ons verhouding met Hom koester, sal Hy ons die wysheid gee om wys te kies sodat ons alledaagse lewens ook ‘n pad tot heiligheid kan word. Want heiligheid word nie gevind deur dramatiese ding vir God te doen nie, maar deur alledaagse, gewone dinge met ‘n rein hart te doen.

As die Here ons oningelig gelaat het oor die ordening van baie dinge in hierdie wêreld, beteken dit dat ons dit nie hoef te weet nie: ons kan nie die hele skepping in ons denke omvat nie. Maar die Skepper van hemel en aarde en elke geskape ding Self gee dat ons Hom in die Heilige Gees kan ken.

Die Heilige Siloean van die Berg Athos

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 15 Junie  2014

Advertisements

2 Kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk, Uncategorized

2 responses to “Tot Heiligheid Geroepe

  1. Seëning van die Heilige Land en Jerusalem! ek is teleurgestel, dat ek geen uwe teks ontvang het nie, ook geen antwoord aan my messages; weet u, dat ons in Jerusalem baie interessante sake oorlewe, die hoofde van die Kerke ontmoet het esv.? En nogmaals, liewe Vr. Zacharias, ons is saam in Christo en nie soos vele wat in Afrikaans bid nie? nie waar nie? en ek hoop, dat mjv. Macrine nog by u werk en dat alles vir haar goed gaan. In die liefde van die Heer, av aleksandr

  2. Beste Av Alexandr, ek het groot waardering vir u belangstelling in ons klein gemeenskap hier te Robertson en ontvang graag u kommentaar. Sover ek weet, het ek nog altyd gereageer op u opmerkings. Jammer as u dit nie ontvang het of raakgesien het nie.
    Macrina Walker is steeds ons buurvrou en doen besonder goeie werk met haar boekbindery en die weeklikse “Evangelion” wat sy skryf en wat oral in ons bisdom versprei word,
    Ek hoop gaan ook met u in Jerusalem goed.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s