Wie sê julle is ek?

 Matthéüs 16:13-19

Vandag, op die Fees van Heilige Apostels Petrus en Paulus, hoor ons die beskrywing deur die Heilige Matthéüs van die apostel Petrus se belydenis van Jesus Christus. Jesus het sy dissipels gevra wie die mense sê Hy is. In antwoord het hulle vir Hom gesê dat sommige dink Hy is Johannes die Doper, ander Elija of Jeremia of een van die ander profete. Dit is toe dat Hy hulle vra wie hulle dink Hy is en Petrus antwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”Wall-Painting-Christ-in-Glory-Shrewsbury-3433a-

Ons word omring deur mense wat verskillende idees het oor Wie Jesus is. Sommige beskou Hom as ‘n profeet, maar vir baie van ons tydgenote is Hy eenvoudig ‘n goeie man, ‘n sedeprediker, ‘n belangrike persoon uit die verlede. En tog is dit Kerk se geloof, gegrond op Petrus se belydenis van geloof, dat Hy baie meer is as dit. Hy is die Christus, die Seun van die lewende God. Hy is die Messias, die Redder van die wêreld – die Een op Wie die volk Israel so lank gewag het, die Een wat die hele geskiedenis verander.

Hierdie belydenis van geloof is nie iets waarby die apostel Petrus op sy eie uitgekom het nie. Ja, hy het Jesus van naby gesien, maar selfs dit was geen waarborg dat hy Wie Hy waarlik was sou begryp nie. Dit is nie bloot ‘n kwessie van die feite opweeg nie. Die vermoë om te sien Wie Jesus Christus waarlik is, is veelmeer ‘n gawe wat aan hom gegee is deur God. “Want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.”

Hierdie gawe van geloof – die moontlikheid om te sien Wie Jesus Christus waarlik is – is vandag aan ons oorgelewe deur die gawe van die Kerk, wat gegrondves is op die geloof van die apostels. Die geloof van die Kerk is nie gegrond op bloot wat ons mag dink Wie Jesus was of is nie, maar veelmeer op die sekere fondament van wat deur God aan ons gegee is. Dít is wat ons in staat stel om saam met die apostel Petrus te bely: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”

Ons roem nie op wysheid, krag of rykdom nie, maar op U, o Christus, wat in Persoon die Wysheid van die Vader is, want niemand is heilig buiten U, o Mensliewende.

Uit die Mette vir die Fees van Petrus en Paulus.

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 29 Junie  2014

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk, Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s