Wees ons barmhartig!

Mt. 9:27-35

  Vandag hoor ons die Heilige Matthéüs se vertelling van nog ‘n helende wonderwerk van Jesus Christus. In vandag se Evangelielesing word ons vertel van twee blindes wat na Jesus gekom het en gevra het om genees te word. Dit word gevolg deur ‘n beskrywing van ‘n stom besetene wat, toe die duiwel uit hom gedryf is, kon praat. Albei hierdie helende wonderwerke het Chrisktus se krag getoon, en mense het hulle verwonder en Hom begin vereer.Healing Blindheid en stomheid tel onder die grootste swakhede van ons menswees. En selfs die van ons wat kan sien en praat, is in baie opsigte nogtans geestelik blind en stom. As ons geestelike oë donker word, raak dit nie net ons kennis van God nie, maar ook hoe ons die wêreld om ons sien. Dit is vir ons maar te maklik om na ons medemens te kyk met die lense van ons eie vooroordele en om so nie te kan raaksien wie hulle in werklikheid is nie, naamlik geliefde kinders van God, na sy Beeld en Gelykenis geskape. Op die selfde wyse het die sonde die krag van ons spraak geraak; nie net vind ons dit moeilik om met God te kommunikeer nie, maar ons kommunikasie met mekaar word verwronge. Wanneer ons in ons eie ego’s vasgevang bly, projekteer ons bloot ons eie beskouings op ander, sonder om werklik na hulle te luister, en word  ‘n werklike tweegesprek  onmoontlik. Die genesing wat Christus ons bied, vereis geloof, en ook ‘n gewilligheid om die werklikheid te sien vir wat dit waarlik is. Ons moet bid dat die Here sy Lig oor ons sal laat skyn en ons die moed sal gee om dit te laat skyn in daardie donker hoeke van ons lewens wat ons liewer weggesteek sou wou hou.

Die heerlikheid van God is ‘n mens wat ten volle lewe en die lewe van ‘n mens is die aanskoue van God.

Die Heilige Irenaeus van Lyons

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 27 Julie 2014

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk, Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s