Gee julle vir hulle iets om te eet.

Vandag, op die agste Sondag na Pinkster, hoor ons Mattheus se weergawe van die vermenigvuldiging van die brode en die visse.

Die skare het Jesus gevolg na die woestyn waar Hy Hom oor hulle ontferm het en die siekes genees het. Toe dit egter aand word, was Hy daarvan bewus dat hulle gevoed moes word. Toe die dissipels betuig dat hulle geen kos het nie, het Hy hulle opdrag gegee om die skare self te voed, en die vyf brode en twee vissies is wonderbaarlik vermenigvuldig om die skare van vyf duisend manne, sonder die byrekening van vroue en kinders, te voed.

Hierdie voorval toon Christus se medelydende besorgdheid vir dié in sy sorg. En dit toon Hom ook waar hy sy dissipels oproep om met Hom saam te werk in die versorging van behoeftiges. Hul eerste reaksie is dat hulle niks het om vir die mense te gee nie, maar Jesus Christus toon ons dat selfs die klein dingetjies wat ons dikwels nie raaksien nie, omvorm kan word en tot groot nut gebruik kan word wanneer dit aan Hom gebied word in diens van sy Koninkryk.

Die vermenigvuldiging van die brode en die vissies is egter meer as die blote versadiging van mense se liggaamlike honger, maar het ook te doen met ‘n geestelike werklikheid. Jesus Christus is Self die Lewende Brood wat ons voed met sy Woord sowel as sy eie Liggaam en Bloed. Hierdie Evangelielesing roep ons dus op om na te dink oor wat dit is waarna ons eintlik honger, na watter soort voedsel ons siele waarlik sal versadig.

Die voeding van die skare in die woestyn deur Christus is allerbewonderenswaardig. Maar dit is ook op ‘n ander manier nuttig. Ons kan duidelik sien dat hierdie nuwe wonders in ooreenstemming is met dié van die outyd. Dit is die handelinge van een en dieselfde mag. Dit het manna gereën in die woestyn op die Israeliete. Hy het vir hulle brood uit die hemel gegee. “Die mens het die voedsel van engele geëet”, soos die lofprysing in die Psalms dit het. Maar kyk! Hy het weer voedsel in oormaat voorsien aan hulle wat voedsel in die woestyn nodig gehad het. Hy het dit as’t ware uit die hemel laat neerdaal.

Die Heilige Cyrillus van Alexandrië

Uittreksel uit Evangelion. ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 3 Augustus 2014

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s