Om uit die hart uit te vergewe

Vandag, op die sewende Sondag na Pinkster, gee Mattheus die gelykenis weer wat Jesus Christus vertel het oor die onversoenlike skuldenaar ten einde ons iets te leer oor die vergifnis wat God ons verleen, maar dan verwag dat ons dieselfde aan ander sal doen.

Vergifnis is die wesenlike kern van ons Christelike geloof. Dit is nie net iets wat ons van God ontvang nie, maar ook iets wat God van ons verwag om met ander te deel. Dit is iets wat bitter swaar kan wees en tog is dit ook die toets vir die egtheid van ons geloof.

Om vergifnis egter bloot te beskou as ‘n morele gebod, as iets wat van ons verwag word om te doen, is nie altyd baie nuttig nie. Vir vergifnis om eg te wees en nie bloot leë woorde nie, moet ons die middele in onsself vind wat ons in staat sal stel om ander te vergewe,

In vandag se gelykenis gee Jesus Christus ons ‘n aanduiding van die misterie van vergifnis deur te wys op die vergifnis wat ons van God ontvang het. Dit is net wanneer ons onsself kan sien as sondaars wat God se vergifnis ontvang het, dat ons op ons beurt weer ander sal kan vergewe. Wanneer ons nadink oor ons eie sondes, en die grootheid van God se barmhartigheid, kan ons wat ander aan ons gedoen het, uit ‘n ander hoek beskou. En wanneer ons onsself begin herken as sondaars wat vergewe is, kan ons miskien selfs uiteindelik ‘n sekere medelye ervaar vir ander, wanneer ons hulle ook begin sien as mense wat net soos ons onder dieselfde hartstogte ly.

God se genade, ons universele moeder, sal ons die sagtheid gee om Christus te begin navolg.

Die Heilige Petrus van Damaskus

 

Uittreksel uit Evangelion. ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 24 Augustus 2014

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s