Om ons tot die Kruis van Christus te wend

 Johannes 3:13-17

Vandag is die Sondag voor die Fees van die Verheffing van die Eerbiedwaardige en Lewegewende Kruis en daarom help die Kerk ons om ons vir die groot Fees voor te berei deur ons aandag op Jesus se woorde in die Evangelie van Johannes te vestig. In vandag se Evangelielesing vertel Hy ons hoe God sy Seun na ons gestuur het om ons te red, want dit is sy wil dat almal gered word en die ewige lewe verkry.

In hierdie Evangelielesing gebruik Jesus Christus Ou Testamentiese beelde en maak dit op Homself van toepassing. Toe die volk Israel deur slangbyte geteister is terwyl hulle in die woestyn rondgedwaal het, het God vir Moses beveel om ‘n koper slang te maak sodat almal wat daarna kyk, genees sou word.

Hierdie genesing was ‘n voorafskaduwing van die uiteindelike genesing wat ons vind in die offerdood van Jeus Christus. Net soos wat die aanskouing van die slang die Israeliete in staat gestel het om genees te word, moet ook ons ons blik rig op die Kruis van Christus ten einde genesing en verlossing te vind.

Die Evangelielesing sê vir ons dat God wil hê dat ons verlos word, maar dit sê ook vir ons dat ons op sy begeerte moet antwoord. God sal verlossing nie op ons afdwing nie; in plaas daarvan moet ons ons eie behoefte aan genesing erken en ons tot Hom wend. Die Vaders sê vir ons dat ook ons, net soos die volk Israel wat hul slawerny in Egipte agtergelaat het, die sonde die rug moet toekeer en die beloofde land van verlossing moet ingaan. Deur die oë op die Kruis gevestig te hou, is dit ons begeerte om van ons sondes genees te word, terwyl ons die aanskoue van God se heerlikheid soek wat op die Kruis van Christus geopenbaar is.

Abba Josef het vir abba Isak gesê: “Ek was op ‘n keer by abba Pimen en het gesien hoe hy in verrukking gaan. Omdat ek baie moed gehad het by hom het ek my voor hom neergebuig en gesê: ‘Sê vir my, waar was jy?’ Hy moes toe erken: ‘My gedagtes was daar by die Kruis van ons Heiland, waar die Heilige Maria die Moeder van God gestaan het, en ek wou toe ook so ween.’”

Uit die Gesegdes van die Woestynvadeers

Uittreksel uit Evangelion. ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 7 September 2014

Advertisements

1 Kommentaar

Filed under Uncategorized

One response to “Om ons tot die Kruis van Christus te wend

  1. Hallo Av Alexandr,
    Jammer! U kommentaar oor die nie-verskyning van die bladsy is skynbaar saam met die eerste weergawe van hierdie stukkie vernietig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s