Dáár is julle Koning!

 Johannes 19:6-11, 13-20, 25-28, 30

Vandag, op die Fees van die Kruisverheffing, hoor ons ‘n verkorte weergawe van die Heilige Johannes se vertelling van die Lyding van Jesus Christus. Die kruisiging en dood van Christus is die absolute kern van ons geloof as Christene. Tog, soos wat die Heilige Paulus ons in vandag se Sendbrief herinner, is “die woord van die kruis dwaasheid vir die wat verlore gaan.” Om ‘n daad van so ‘n oënskynlike nederlaag as die kern van ons geloof te plaas, lyk waarlik dalk na malligheid.

Ons lewe in ‘n wêreld wat sukses en mag hoog ag – en wat geen tyd het vir swakheid en mislukking nie. En tog het Jesus sy hele lewelank hierdie waardes omgekeer. Hoewel Hy God was, het Hy ons menslike natuur aangeneem, is Hy gebore in ‘n stal, het Hy as skrynwerker gewerk,  het Hy rondgegaan en mense bedien sonder om ‘n plek te hê “waar Hy sy hoof kon neerlê,” en het Hy omgegaan met hulle wat as uitgeworpenes beskou is. Selfs toe Hy Jerusalem ingegaan het en deur die volk as Koning begroet is, het Hy op ‘n nederige esel gery, in plaas van op ‘n perd, soos gepas vir ‘n koning.

Die uiteindelike uidrukking van die weg van Jesus Christus keer die waardes van die wêreld heeltemal om, soos in sy Dood op die Kruis gesien kan word. Hier sien ons die oënskynlike magteloosheid van die almagtige God. en tog sien ons ook hier die mag van lydende liefde. Dit is wat die Heilige Paulus die dwaasheid vir die wyses noem, want hoe kan ‘n gekruisigde God ons red? En watter mag het die liefde werklikwaar in ons wêreld? En tog, deur Homself vrywilliglik vir ons in liefde te offer en kruisiging en dood ter wille van ons te aanvaar, sien ons hoe God se mag geopenbaar word, want deur die dood te aanvaar, oorwin Christus die mag van die dood eens en vir altyd.

Vir Ortodokse Christene dui die Kruis van Christus nie op dood en mislukking nie, maar op Christus se oorwinning oor al die magte van die dood. En dit leer ons dat die mag van lydende liefde uiteindelik seëvier oor alles wat dit wil vernietig.

Die kennis van die Kruis word verberg in die lyding van die Kruis.

Die Heilige Isaak die Siriër

Uittreksel uit Evangelion. ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 14 September 2014

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s