Om jou net in die diepwater uit te gooi

 Luke 5: 1-11

Vandag hoor ons die Heilige Lukas se beskrywing van die roeping van die eerste dissipels. Na Hy aan die oewer van die see gepreek het, het Jesus Christus ‘n paar vissers genader wat die hele nag visgevang het en niks gekry het nie. Toe Hy dit hoor, het Hy hulle aangespoor om hul nette in die diep waters te gooi. Toe hulle Hom gehoorsaam, het hulle soveel visse gevang dat hul nette dit nie alles kon hou nie.

Die roeping van Christus kan dikwels ons normale manier van na ding kyk ontwrig – die vissermanne het mos per slot van rekening geweet dat daar nie vis te vang is nie. En tog, toe hulle op Christus se voorstel reageer, het nuwe moontlikhede na vore gekom. Hul ervaring het so oorweldigend geblyk te wees dat dit hul hele lewens omvorm het.petr02

Met hierdie voorval sien ons hoe die dissipels Jesus begin herken. Deur te begin om Hom “Meester” te noem, ‘n algemene aanspreekvorm vir ‘n leraar, het die apostel Petrus gekom op die punt waar hy Hom as “Here” herken terwyl hy aan sy knieë val en sê: “Gaan weg van my, Here, want ek is ‘n sondige man.” Hy het sy eie sondigheid herken, want hy het iets van Jesus se ware identiteit raakgesien. En sy herkenning sou sy hele lewe omvorm.

Soos die apostel Petrus en hiedie eerste dissipels, word ons ook geroep om op Christus te antwoord en dit kan tot totaal onverwagte dinge lei, want God wil elkeen van ons op ons eie manier gebruik om sy sending in die wêreld uit te voer.

Net soos wat ‘n klein bootjie die vis wat aan die doodgaan is, hou wanneer dit uit die diep water  kom, gee die vaartuig van die Kerk lewe aan mense wat van onrus bevry is. Binne haar, sê ek, gee die Kerk as’t ware lewe aan diegene wat half-dood was.

Die Heilige Maximus van Turyn 

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 28  September  2014

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s