Christus die Saaier

Luke 8:5-15

christthesowerVandag hoor ons die Heilige Lukas se vertelling van die gelykenis van die saaier. Jesus Christus vertel sy hoorders van ‘n saaier wat uitgegaan het om saad te saai. ‘n Deel het langs die pad geval en is vertrap, ‘n deel het op die rots geval en het swak gegroei, en ‘n deel is deur dorings verstik. Maar ‘n deel het op goeie grond geval en gegroei en honderdvoudig vrug opgelewer.

Toe sy dissipels vra wat die betekenis van hierdie gelykenis is, het die Here verduidelik dat die saad die Woord van God is. God, of Christus, saai die saad, maar, soos die saad wat langs die pad geval het, of tussen dorings, kan dit miskien nie groei nie. Net die saad wat op goeie grond gesaai word, bring ‘n oes voort.

In hierdie gelykenis spoor Jesus ons aan om te kyk na die omstadighede wat nodig is vir God se Woord om in ons wortel te skiet. Ons harte is die grond waar die saad gesaai word, en as ons wil hê dat dit moet vrug dra, moet ons seker maak dat ons ‘n positiewe omgewing skep waarin sy Woord in ons kan groei.

Die redes wat Jesus verstrek waarom die saad nie vrug opgelewer het nie, gee ons ‘n aanduiding van die voorwaardes waaraan ons moet voldoen as ons ‘n goeie opbrengs wil lewer. As saad moet groei, het dit ‘n sekere beskerming nodig teen die lawaai en rumoer van die pad, en dus moet ons tyd maak vir onttrekking en stilte. Dit moet ook gereeld natgemaak en gevoed word, en beskerm word teen skadelike invloede; dus moet ons oordeelkundig wees met betrekking tot na watter stemme ons luister. Hierdie dinge sal van persoon tot persoon verskil, maar ons moet daarvan bewus wees om die grond van ons eie harte voor te berei sodat die Woord van God kan ontkiem, wortelskiet en ryke vrug dra in ons lewens.

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 12 Oktober 2014

Advertisements

Lewer kommentaar

Oktober 12, 2014 · 5:37 vm

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s