Jongman, Ek sê vir jou, staan op!

Lk. 7:11-16

Vandag, op die Agtiende Sondag na Pinkster, hoor ons die Heilige Lukas se vertelling van die opwekking van die seun van die weduwee van Nain. Die Evanglie vertel ons hoe Jesus, toe Hy die dorp nader, gesien het hoe ‘n dooie man, van sy wenende moeder vergesel, uitgedra is.  Met ‘n gevoel van medelye het Hy haar genader en vertroos. Hy het die lykbaar aangeraak en vir die jong man gesê om op te staan, en haar seun het onmiddellik opgestaan.

In hierdie Evangeliegedeelte sien ons hoe Jesus Christus sensitief was vir die lyding van die weduwee wat haar enigste seun verloor het. Ons kan iets van hierdie medelye met die lyding van ander verstaan, maar vanweë ons gebroke menslike toestand, word ons maklik daardeur oorweldig en sluit ons ons van die lyding van ander af. Ons wil miskien ‘n trooswoord spreek, maar is dikwels nie daartoe in staat nie. Net soos ons gemeenskap met God beskadig is, is ook ons gemeenskap met ander beskadig. Ons wil uitreik, maar voel asof ons nie kan nie.

In sy kommentaar op hierdie gedeelte sê die Heilige Cyrillus van Alexandrië vir ons dat met die dood bederf in die wêreld gekom het en dat ons almal aan die bederf onderworpe is. Jesus Christus is egter “die Lewe, en van natuur die Lewe-gewer” en “kan ons weer vernuwe tot onbederflikheid en Lewe.” Deur die weduwee se seun op te wek, verseker Hy ons dat Hy vir ons ‘n opwekking uit die dode berei het. Maar hy toon ook vir ons dat ons, deur in sy medelye vir ander te deel, kan begin deel in sy oorwinning oor die dood, deur iets te herwin van die menslike gemeenskap waarvoor ons geskep is.

Die Seun van die Maagd het die seun van die weduwee ontmoet. Hy het soos ‘n spons vir haar trane geword en soos die lewe van haar seun. Die dood het in sy hok rondgedraai en sy rug op die Seëvierende gedraai.

Die Heilige Efrem die Siriër          

Uittreksel uit Evangelion. ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 19 Oktober 2014

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk, Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s