Dit is die Siekes wat ‘n Geneesheer nodig het

 Matthéüs 9:9-13

In vandag se Evangelielesing op die fees van die Heilige Matthéüs, hoor ons die verhaal van die roeping van hierdie groot Apostel. Matthéüs is nie dieselfde tyd as die ander Apostels geroep nie en die Heilige Johannes Chrysostomos sê vir ons dat dit was omdat Jesus Christus ons almal roep op die tyd wat vir ons die regte tyd is. Die Heilige Matthéüs was ‘n tollenaar en dus ‘n gehate openbare sondaar, want die tollenaars het met die Romeinse onderdrukkers saamgewerk en hulleself in die proses op onwettige wyse verryk. Hy was nou nie juis die voor die hand liggende kandidaat om ‘n Apostel te wees nie.

Tog het Jesus Christus geweet hoe om tot sy hart te spreek. Al wat Hy hoef te gesê het, was “Volg my!” en Matthéüs het gehoor gegee. Matthéüs het duidelik iets in Jesus gesien wat hom geweldig aangetrek het, want hy het sy getroue volgeling geword, sy werke aangeteken en die Evangelie na sy Hemelvaart oor die hele wêreld verkondig.Matthew

Ons kry ‘n idee van hierdie identiteit van Jesus Christus tydens die voorval wat gevolg het, waar Hy gesien word waar Hy – tot afgryse van die Fariseërs,  – saam met die tollenaars eet.  Toe wat Hy doen, bevraagteken is, het Jesus geantwoord: “Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is ……….. Ek wil barmhartigheid hê, nie offerande nie.” Jesus was bereid om mense te aanvaar waar hulle was, want dit was juis ten einde sondaars te red dat Hy in die wêreld gekom het.

Daar word dikwels na die Kerk verwys as ‘n hospitaal vir sonaars en sonde is in baie opsigte soos ‘n siekte. Maar ‘n hospitaal sonder ‘n geneesheer beteken niks nie en Christus verwys hier na Homself as die Goddelike Geneesheer. En Hy toon ons in hierdie gebeurtenis dat Hy bereid is om ons te ontmoet waar ons ookal is. Daar is geen sonde, geen aspek van ons menslike gebrokenheid, wat vir Hom te erg is nie. In plaas van afgestoot te word, soos die Fariseërs gemeen het Hy moet wees, kom Hy na ons toe, deel in ons lewens en trek ons na Hom toe, elkeen op sy eie manier, en op die regte tyd.

Mense word soms deur genot getoets, soms deur ellende of liggaamlike lyding. Deur middel van sy voorskrifte dien die Geneesheer die geneesmiddel toe volgens die oorsaak van die hartstogte wat in die siel geleë is.

Die Heilige Maximus die Belyder

 Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 16  November  2014

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s