In hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis

Vandag, op die Vier-en-Twintigste Sondag na Pinkster, hoor ons Jesus se streng waarskuwing teen die gevare van hebsug. Hy vertel die gelykenis van ‘n ryk man wat vir “homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.” Toe die hierdie man se opbrengs uit sy oes goed was, het hy vir homself gesê dat hy sy skure sal afbreek ten einde groteres te bou wat al sy opbrengste en goed sou kon hou. Min het hy geweet dat hy daardie selfde aan sou sterf en dat al sy besittings vir hom van geen nut sou wees nie.

Terwyl die vrugte van die aarde goed is en aan ons gegee word om wys te gebruik, het ons menslike natuur deur die val bederf ondergaan en dus neig ons om krampagtig daaraan vas te klou, en so daardeur vasgevang te word, of te dink dat dit ons sekuriteit kan gee teen die gevare waarvoor ons ons bevind. Hierdie gelykenis stel ons voor die werklikheid van die dood en die feit dat stoflike rykdom vir ons van geen nut sal wees wanneer ons te sterwe kom nie. As ons trouens op ‘n inhalige, hebsugtige daarmee omgaan, kan dit ‘n besliste belemmering wees, want die weerhou ons daarvan om die geestelike skatte te vergader waarvan Christus praat.

Waar ons die Geboortevas begin ter voorbereiding vir die vier van die Vleeswording van Christus met Kersfees, word ons gevra om waaksaam en sober te wees. Dit is ‘n tyd vir ons om in oënskou te neem waaroor die lewe eintlik gaan. Die herinnering dat ons gaan sterf, moontlik onverwags, word nie bedoel om ons neerslagtig en bedruk te maak nie, maar moet ons liewer help om te fokus op die dinge wat bly bestaan aan die anderkant van die graf. Want ware vreugde bestaan nie in die opstapel van besittings nie, maar eerder om in ‘n regte verhouding met God en diegene om ons te staan en in die gebruik van ons besittings op ‘n manier wat ander sal bevoordeel.

Hy wat ryk is teenoor God is baie geseënd en het glorieryke hoop. Wie is hy? Duidelik iemand wat nie rykdom nie, maar die deug liefhet, en vir wie min genoeg is. Dit is iemand wie se hand vir die behoeftes van die armes oop is, waar hy hulle in armoede volgens sy vermoë en met alle mag vertroos. Hy maak bymekaar in die skure daar bo en vergader skatte in die hemel.

Die Heilige Cyrilus van Alexandrië

Uittreksel uit Evangelion. ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 23 November 2014

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s