Kom kyk

 Johannes 1:35-52

In vandag se Evangelielesing, op die fees van die Heilige Andreas, hoor ons die Heilige Johannes se weergawe van die roeping van die eerste Apostels. Die Heilige Andreas word die Eersgeroepene genoem omdat hy die eerste was om op Jesus Christus se roeping te reageer. Hy was ‘n dissipel van die Heilige Johannes die Voorloper, en was by Joahnnes toe dié na Jesus gewys en gesê het: “Aanskou die Lam van God.” Saam met ‘n metgesel het hy Jesus gevolg en gevra waar Hy woon. Die Here het geantwoord: “Kom kyk,” en Andreas het by Hom gebly – en die volgende dag teruggekeer en aan sy broer Petrus verkondig: “Ons het die Messias gevind.”Andreas

Andreas was reeds besig om God te soek. Hy is gevorm deur Israel se verlange na die koms van Christus, waaroor die profete gespreek het. Hy het geantwoord op Johannes die Voorloper se oproep om bekering and hy was op die uitkyk vir die Messias. Hy het met beslistheid opgetree toe Jesus verskyn, tog moes hy nog leer Wie Jesus eintlik was. Dit was deur te reageer op Jesus se uitnodiging ,”Kom kyk”,  – en tyd met Hom deur te bring – dat Andreas waarlik in staat was om te erken Wie Hy was en Hom aan ander te verkondig.

Soos Andreas, is ons ook soekend na God, of ons nou daarvan bewus is of nie, en dit is veral waar terwyl ons wag op die geboorte van Christus met Kersfees. As ons Hom werklik in ons lewens wil verwelkom, nie as blote gedagte wat ons aanneem nie, maar werklik, moet ook ons gaan “kyk”. Ons moet in ons besige lewens tyd vir Hom inruim en Hom leer ken vir Wie Hy eintlik is –  en nadink oor Wie Hy vir ons is. Deur tyd in te ruim vir gebed, vir die lees van die Evangelie, vir die bywoning van die dienste van die Kerk, kan ons Jesus Christus op immer meer diepgaande wyse leer ken, wat ons in staat sal stel om sy Geboorte met vreugde te verwelkom.

“Ons het Hom gevind wat die Profete deur die Gees verkondig het. Kom laat ons ons siel en gees deur sy skoonheid in verrukking bring, sodat ons deur sy stralinge na die lig gelei mag word en die nag van dwaling en die duisternis van onkunde mag verdryf, terwyl ons Christus loof, wat die wêreld sy groot barmhartigheid skenk.”  

Uit die Vespers vir die Fees van die Heilige Andreas

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s