Kom, want alles is nou gereed

Vandag hoor ons die Heilige Lukas se vertelling van die gelykenis van die groot maaltyd. Jesus Christus vertel hoe ‘n man ‘n groot maaltyd gegee het waarna baie mense uitgenooi is. Hulle het egter nie op sy uinodiging gereageer nie en om ‘n verskeidenheid redes verskonings aangebied. Daarop het die meester van die huis die bediendes aangesê om in die strate uit te gaan en die armes en die kreupeles bymekaar te bring om hulle plek in te neem.th

Die Skrif gebruik die beeld van ‘n feesmaal as simbool van die Koninkryk van God, en die Kerkvaders het geglo dat hierdie gelykenis verwys na Christus se koms in die vlees, waarvoor ons ons tans vir die Geboorte voorberei. Met die verbinding van Christus se menslike en goddelike nature is ons toegang tot sy goddelike lewe gegee. Vir eeue het God die volk Israel voorberei om Christus te ontvang, maar, toe die Jode Jesus verwerp het,  is die Evangelie aan die heildene verkondig en is almal die kans gegun om op Jesus Christus te antwoord.

Hierdie gelykenis is ook ‘n waarskuwing vir ons in ons selfvoldaanheid. Die mense wat nie op die uitnodiging na die feesmaal reageer nie, was nie slegte mense nie, ook het hulle nie slegte dinge gedoen nie. Hul verskonings waarom hulle nie die feesmaal kan bywoon nie, klink miskien gesond en billik. Ons moet versigtig wees dat die normale bekommernisse van die wêreld ons nie so oorweldig dat dit ons daarvan weerhou  om te sien wat eintlik aan die gang is  nie. Want die uiteindelike tragedie in hierdie verhaal is nie bloot dat mense God se openbaring verwerp het nie, maar dat hulle nie kon sien wat dit was wat hulle verwerp het nie. Terwyl ons op die koms van Christus was, moet ons waaksaam wees dat die bekommernise van die lewe ons nie oorweldig nie en dat ons die gawe van sig mag ontvang om Christus te herken op die baie oomblikke dat Hy ons lewens betree.

O broers en susters, wat ‘n feesmaal is dit nie! Hoe groot is die eensgesindheid en vreugde van hulle wat by hierdie hemelse tafel aansit nie! Hulle geniet voedsel wat die ewige lewe voortbring.

Die Heilige Athanasius die Grote

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 14 Desember  2014

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s