Dit is Hy wat sy volk van hul sondes sal verlos

Mattéüs 1:1-25

Vandag, op die Sondag voor Kersfees, vestig die Kerk weereens ons aandag op die manne en vroue wat in die ware God geglo het en die weg berei het vir die koms van sy Seun. Vandag se Evangelielesing kom uit die Heilige Matthéüs se beskrywing van die geslagsregister van Jesus Christus en trek sy menslike voorsate deur tot by die patriarg Abraham.christ-tree-of-life

Hierdie Evangelielesing klink vir ons miskien soos die ietwat droë samestelling van name, maar daar is belangrike redes waarom die Heilige Matthéüs sy Evangelie daarmee begin, en waarom die Kerk dit net voor Kersfees lees.

Ons moet eerstens daaraan herinner word dat Jesus Christus waarlik mens was, iets wooroor party van die vroegste ketters getwyfel het. Hy was nie maar net die een of ander goddelike wese wat op die aarde gewoon het nie, maar ‘n mens in Wie al die volheid van Godheid liggaamlik gewoon het. (Kol. 2:9)

Tweedens moet ons daaraan herinner word dat Christus in ‘n konkrete menslike geskiedenis gebore is. Hy is die vervulling van die belofte wat gemaak is aan Abraham en Dawid; Hy is die vervulling van al die verwagtinge van die volk Israel.

Derdens moet ons onthou dat Jesus Christus die ganse menslike geskiedenis op Hom neem, die slegte sowel as die goeie. Dit is nie net die gelowiges wat by die lys van Christus se voorsate ingesluit is nie; dit sluit ook moordenaars, egbrekers, sondaars en heidene in. Soos alle menslike geskiedenis, is die geskiedenis van die volk Israel nogal “smerig”. Tog neem Christus die volheid van hierdie geskiedenis op Hom; Hy tree daarin ten einde dit van binne te omvorm.

Toe Hy sien dat hy wat na sy beeld en gelykenis was deur oortreding weggeval het, het Jesus die hemele neergebuig en neergedaal en, sonder verandering,  sy woning in ‘n maagdelike skoot geneem, sodat Hy daarin die gevalle Adam kon herskep terwyl dié uitroep: Eer aan u Self-openbaring, my Redder en my God,!”

Uit die vierede Litievers vir  Kersfees.

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 21 Desember 2014

 
Advertisements

4 Kommentaar

Filed under Uncategorized

4 responses to “Dit is Hy wat sy volk van hul sondes sal verlos

  1. Liewe Vr Zacharias en Macrina, beste gelukwense vir die komende Kersfees van die geboorte van die Heer. Die “Ampelos” is ons lokale “ikoon” in Jerusalem; mag die Heer deesdae oorskadu en waarsku u en die gemeenskap. In die liefde van die Heer, prot. (av) aleksandr, Jerusalem.

  2. Waarom moet ek weer en weer in skrywe???? av aleksandr

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s