Om die Lig bo die duisternis te kies

Vandag, op die Sondag na die Geboorte, herinner die Kerk ons aan die gebeure rondom Christus se geboorte. Ons het die tyding van groot vreugde gevier, en die vrede wat Hy vir almal bring. Ons weet dat Jesus Christus kom om die Koninkryk van God in te lui en ons in staat te stel om na God terug te keer. Dit alles is rede tot groot vreugde.

Tog het ons, in die dae wat onmiddelik op Kersfees volg ‘n taamlik skielike herinnering aan die lyding en dood wat op die navolgers van Christus kan wag. Op Saterdag het die Kerk die Heilige Stefanus gedenk, die eerste martelaar wie se dood in die Handelinge van die Apostels  (6-7) opgeteken is. Vandag gedenk ons die twee-en-twintig duisend martelare van Nicomedia wat geweier het om afgode te aanbid. En môre gedenk ons die heilige kinders  wat deur Koning Herodes gedood is in sy poging om van die pasgebore Christus te ontslae te raak.noah

In vandag se Evangelielesing hoor ons hoe die engel van die Here in ‘n droom aan Josef verskyn het en hom gewaarsku het teen Koning Herodus se plan om die pasgebore Christus dood te maak, en hoe hy die Heilige Theotokos en die pasgebore Kind in ballingskap na Egipte geneem het, en hulle to weer uiteindelik teruggebring het na Nasaret toe die gevaars eers verby was.

Terwyl ons die vreugde van Kersfees vier, word ons op nugtere wyse daaraan herinner dat Jesus Christus al van sy eerste dae op aarde verwerp is. Sy geboorte het vreugde vir baie gebring, maar die ware Lig wat oor die wêreld geskyn het, het ook teenkanting gebring, want daar is mense wat die duister bo die Lig verkies. Sy geboorte het ‘n reeks gebeure aan die gang gesit wat uiteindelik met sy dood en opstanding tot sy groot oorwinning oor die magte van die duisternis sou lei.

Die waarheid het gekom! God het verskyn! Hy is gebore uit die Maagd, en verlig hulle wat in die duisternis sit, vir die verlossing van die wêreld.

Uit die Vespers van die fees van die Heilige Onskuldiges.

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 28 Desember 2014

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s