Hy het omgedraai en Hom gedank

  Luke 17:12-19

Vandag keer die Kerk terug na die hoor van die Evangelielesings volgens die Heilige Lukas, en hoor ons die beskrywing van hoe Jesus Christus tien melaatses genees het. Tien manne wat aan melaatsheid lei,  het na Hom gekom en Hom gevra om Hom oor hulle te ontferm, en Hy het vir hulle gesê om hulle aan die priesters te toon ten einde hul genesing te bevestig. Terwyl hulle weggaan, het hulle gevind dat hulle genees is. Toe hy dit ontdek, het een van die melaatses, ‘n Samaritaan,  teruggekeer om Jesus te dank. Die ander nege het egter voortgegaan op hul pad, wat Jesus laat opmerk het dat net een van hulle teruggekom het om dankie te sê.Lepers

Hierdie voorval herinner ons daaraan dat ons God se gawes al te maklik as vanselfsprekend kan aanneem, en vergeet om Hom daarvoor te dank. Die kweek van ‘n gees van dankbaarheid is een van die grondbeginsels van ons Christelike lewe, want ons moet dikwels bewus word van alles wat God vir ons doen. Ons wonder miskien hoe die nege melaatses dan vergeet het om dankie te sê vir hul genesing, tog, as ons nie dankbaar is vir alles wat God vir ons in ons daaglikse lewe doen nie, loop ook  ons die gevaar om blind te wees vir sy meer dramatiese handelinge.

Mense dink dikwels aan gebed as hoofsaaklik die vra van goed van God. Terwyl ons inderdaad al ons behoeftes en dié van die wêreld in gebed na God moet bring, begin ware gebed met die erkenning van Wie God is, met die loof van Hom vir Wie Hy is en die danksegging vir alles wat Hy vir ons gedoen het. Want gebed is uiteindelik die kweek van ‘n verhouding met God terwyl ons leer om nie net op Hom te reken vir al ons behoeftes nie, maar ook om raak te sien hoe Hy op hierdie behoeftes antwoord en om Hom daarvoor te dank.

‘n Mens moet jou voortdurend en sonder ophou aan al die seëninge herinner wat God in sy liefde in die verlede vir die verlossing van jou siel aan jou geskenk het, en steeds skenk.

Die Heilige Markus die Akeet.

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 18 Januarie 2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s