God, ontferm U oor my sondaar

In vandag se Evangelielesing vir die Sondag van die Tollenaar en die Fariseër, begin die Kerk ons voorberei vir die Groot Vas wat voor hande is. In vandag se gelykenis sien ons twee baie verskillende benaderings tot God. Die Fariseër het homself as ‘n regverdige man man gesien. Hy dank God daarvoor en wys daarop dat hy nie soos ander sondaars is nie, en veral nie soos die Tollenaar in wie se teenwoordigheid hy gebid het nie. Die Tollenaar kon in teenstelling nie eens sy oë na die hemel ophef nie, maar kon net herhaal: “O God, wees my, sondaar, genadig.” Jesus sê van hom: “Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan, eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word.”

Hierdie gelykenis bring vir ons ‘n waarskuwing. Ons moet bid en vas, en die gebooie onderhou en aalmoese gee. Dit is alles goed. Maar daarmee saam kom die gevaar van trots, want dit is baie maklik om die goed wat ons doen, te gebruik om ons eie ego’s te steun en om ons beter te laats ander te laat voel. Trots van pharisien-et-publicainhierdie aard maak ons blind vir ons eie werklikheid en vir alles waarvan ons ons moet bekeer. Dit is nie om dowe neute dat die Vaders van ouds trots beskou het as die heel gevaarlikste ondeug nie, want dit verhoed dat ons die een ding doen wat nodig is, en dit is om ons met opregte bekering tot God te wend.

Maar hierdie gelykenis gee ook vir ons ‘n voorbeeld van ware berou in die persoon van die Tollenaar, wat geweet het dat hy God nodig het en maar net kon sê: “O God, wees my, sondaar, genadig.” Hy het homself nie met ander vergelyk nie, maar was alleen bewus van sy eie situasie voor God, bewus van sy groot behoefte aan Goed. Groei in nederigheid kan, vir baie van ons, een van die moeilikst dinge wees wat daar is om te leer, want ons vergelyk onsself so maklik met ander of probeer wat ons doen regverdig. Tog is groei in nederigheid die kern van ons Christelike lewens, want net deur te weet, en te aanvaar wie ons eintlik voor God is, kan ons ons met egte berou en boete tot Hom wend. En die doel van ons vas en gebed in hierdie tyd van die Groot Vas is juis om ons so vir God oop te stel.

Laat ons nie bid soos die Fariseër nie: want hy wat homself verhef sal verneder word. Laat ons ons verneder voor God waar ons vas, en soos die Tollenaar roep: O God wees ons sondaars genadig.

Uit die Vespers vir die Sondag van die Tollenaar en die Fariseër.

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 1  Februarie  2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s