Ek sal opstaan en na my vader gaan

Ons gaan vandag voort met ons voorbereiding vir die Groot Vastyd deur die gelykenis van die Verlore Seun te hoor. Deur hierdie gelykenis aan ons voor te hou waar ons hierdie tyd van bekering ingaan, herinner die Kerk ons aan waaroor bekering eintlik gaan, naamlik ons terugkeer na die liefdevolle God van Wie ons afgedwaal het.prodigal-son

In hierdie bekende gelykenis beskryf Jesus hoe ‘n man sy erfdeel geneem het en dit deurgebring het deur na ‘n verafgeleë land te reis en brandarm te raak as gevolg van sy losbandige leefwyse. Hy het uiteindelik tot sy sinne gekom en besef dat hy beter daaraan toe sou wees om na sy vader terug te keer en en te vra om as huurling in diens geneem te word, maar sy vader, toe hy hom sien kom, het hom as ‘n seun verwelkom en nie geaarsel om ‘n feesmaal vir hom te reël nie.

Die gelykenis van die Verlore Seun is ons eie verhaal, en Jesus vertel dit om vir ons aan te toon wat bekering beteken. Die kern van die verhaal is die verhouding tussen die vader en sy eiesinnige seun, en in dié verhouding sien ons ons eie verhouding met God.  Hy is ‘n liefdevolle Vader wat daarna verlang dat ons na Hom terugkeer. Hy is nie ‘n streng regter wat opweeg wat ons gedoen het nie, maar eerder ‘n Vader wat nie ophou verlang dat ons na Hom sal terugkeer nie.

Deur God te verwerp en van Hom af weg te dwaal, het ons in sonde vasgeval. Sonde is nie net die oortreding van die gebooie nie, maar die vernietiging van ons verhouding met God. En bekering is dan ons terugkeer na God, ons liefdevolle Vader wat daarna verlang om ons terug te verwelkom.

Christus kies hulle wat staan. Staan op en hardloop na die kerk. Hier is die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Hy wat jou in die geheime plekke van jou hart dinge hoor oordink, hardloop jou tegemoet. Terwyl jy nog ver is. Hy sien jou en hardloop jou tegemoet. Hy sien in jou hart  … Hy omhels jou en trek hom wat onder sondes gebuk gaan weer op en bring hom wat hom tot die wêreld gekeer het weer na die hemel. Christus val jou om die hals om jou hals van die juk van die slawerny te bevry en sy soete juk op jou skouers te plaas.

 

Die Heilige Ambrosius van Milaan

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 8 Februarie 2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s