Hy sal die skape van die bokke afskei

 Matthéüs 25:31-46

Waar ons voortgaan met ons voorbereiding vir die Groot Vastyd, hoor ons vandag Jesus Christus se  woorde oor die laaste oordeel wat ons tot nadenke aanspoor. Daar word vir ons vertel hoe Hy op die laaste dag die skape van die bokke sal skei, met die skape dan hulle wat na hul ewige loon gaan, en die bokke dan hulle wat na hul ewige straf gaan.

Die Kerk neem die gedagte van ‘n laaste oordeel ernstig op juis omdat dit die lewe ernstig opneem, en in die tyd van die Vastyd wat voor hande is, word van ons gevra om ernstig ondersoek in te stel na ons lewens en te sien waarheen dit ons lei. Selfs sonder die verwagting van God se oordeel, is ons geneig om onsself te oordeel, want ons het ‘n ingebore vrees om aan die einde van ons lewens te kom en te ontdek dat ons ons geleenthede verspil het.

In dié Evangelielesing sien ons hoe Jesus Christus egter ‘n nuwe dimensie aan ons idees oor oordeel gee. Ons sal geoordeel word nie eenvoudig op grond daarvan dat ons sekere wette nagekom het, of op grond daarvan dat ons “goeie” mense is nie, maar veelmeer op grond daarvan of ons liefgehad het of nie.Laaste Oordeel

Die Christendom is nie ‘n godsdiens gegrond op die nakom van wette, of selfs die doen goeie dade nie, hoe bewonderenswaardig ookal. Dit is eerder gegrond op verhouding – ons verhouding met God en ons verhouding met diegene om ons. En in hierdie Evangelielesing sien ons hoe hierdie twee elemente in ‘n noue verband met mekaar staan. God openbaar Homself aan ons in diegene om ons en dit is in hoe ons op hulle reageer, dat ons sien hoe ons op Hom reageer. Want dit is net deur die erkenning van die menswees van ander, en deur Christus in hulle te leer sien, dat ons die sleutel tot ons eie verlossing vind.

Terwyl ons die gebooie van die Here ken, moet ons ook daarvolgens handel. Laat ons dus dié wat honger is, kos gee, die wat dors het laat drink, die naaktes klere gee, vreemdelinge onderdak gee, die siekes en die gevangenes besoek, sodat Hy wat die hele wêreld sal oordeel, ook tot ons die woorde mag spreek: “Kom, geseëndes van my Vader; neem besit van die Ryk wat vir julle berei is.”

Die Verheerlikingsvers uit die Litie vir die Sondag van die Laaste Oordeel

 Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 15 Februarie 2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s