Christus het opgestaan!

CHRISTUS HET OPGESTAAN!

HY HET WAARLIK OPGESTAAN!

Vandag, op Paassondag, vier ons die groot gebeurtenis van die Opstanding van Jesus Christus en sy oorwinning oor die mag van die dood. “Christus het opgestaan, en die demone het geval! Christus het opgestaan en die engele verheug hulle! Christus het opgestaan, en die lewe heers!” soos wat ons die Heilige Johannes Chrysostomos in sy Paaspreek hoor verkondig.Opstanding copy

Die Kerk verwys na Paasfees as die Pasga van die Here, want dit sien sy Opstanding as ‘n nuwe Pasga. Die woord “Pasga” kom van die Hebreeuse woord “Pesag”, wat verwys na die Jode se bevryding van die slawerny in Egipte. Gelei deur die Profeet Moses het God sy volk  bevry van die slawerny en hulle na vryheid in die beloofde land gelei.

Die vroeë Christene het die dood en opstanding van Jesus Christus as ‘n nuwe Pasga begryp, wat ons van die slawerny van die sonde bevry en ons lei na ons ware vryheid. Hy is die ware Lam wat vir ons geoffer is, en deur sy dood het Hy die dood vir altyd oorwin.

Hierdie Pasga van die Here is die een waaraan ons genooi word om deel te hê. Die liturgiese tekste vir Holy Week en Pasga praat nie soseer oor geskiedkundige gebeure nie, maar verwys voortdurend na “vandag”, wat ons daaraan herinner dat Christus se oorwinning oor die dood ‘n teensoordige werkliheid is en iets waaraan ons ons moet oorgee. Want deur ons doop het ook ons saam met Hom gesterf en is ons die belofte vn ‘n nuwe lewe in Hom gegee.

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 12 April 2015

 

Die lig skyn in die duisternis, in hierdie lewe en in die vlees, en word deur die duisternis gejaag, maar word nie verbygesteek nie. Hiermee bedoel ke dat die mag van die teenstander  die sigbare Adam in sy skaamteloosheid  bespring, maar God teenkom en verslaan word, sodat ons, deur van die duisternis afstand te neem, die Lig kan nader en volmaakte Lig kan word, die kinders van die volmaakte Lig.

Die Heilige Gregorius die Teoloog

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s