Wil jy gesond word?

Johannes 5:1-15

Ons hoor vandag die Heilige Johannes se beskrywing van die verlamde by die bad van Betésda. Hy het al agt-en-dertig jaar gewag om genees te word. Toe Jesus hom sien, het Hy hom gevra of hy gesond wil word en toe die man antwoord dat hy niemand het om hom in die helende water te sit nie, het Jesus hom beveel om op te staan, sy bed op te neem en te loop. Verlamde

Die Kerk gee hierdie verhaal van een van die groot genesingswonders van die Here vir ons in die Paastyd ten einde Christus se oorwinning oor die sonde en die dood toe te lig. Die genesing van die verlamde is ‘n simbool van die hernuwing van die lewe van die ganse mensdom deur die Opstanding van Christus. Van die Vaders beskryf hierdie gebeurtenis as die voorafskaduing van die waters van die doop waarin genesing aan ons almal gebied word.

Ons is almal geestelik siek, en dit het op verskillende maniere ‘n uitwerking op ons, baie waarvan ons nie eens bewus is nie. Jesus Christus het gekom om ons gesond te maak, sodat ons die volheid van die lewe in Hom mag hê. Die Kerk word soms vergelyk met ‘n hospitaal, want dit is die plek waarheen siek mense gaan om gesond te word. God genees ons gewoonlik nie oombliklik nie, ook genees Hy ons nie teen ons sin nie; genesing is veelmeer ‘n geleidelike proses.

Ons moet daarop let dat Jesus Christus die verlamde vra of hy genees wil word. God dwing Homself nooit op ons af nie, ook genees hy ons nie teen ons sin nie. Ons moet ons behoefte aan genesing leer raaksien, vanwaar ‘n lewe van bekering begin. Ons moet ook daadwerklike deelnemers aan hierdie genesingsproses wees. Maar deur ‘n lewe van gebed en boetvaardigheid, deur na die Woord van God te luister en deel te hê aan die Sakramente, kan ook ons kom tot deelname aan die oorwinning van Christus oor die gevolge van die sonde en die dood.

O Here, die bad het nie die Verlamde man genees nie, maar u woord het hom vernuwe, en sy jarelange siekte het het hom nie verhinder nie, want die werking van u stem is as meer deurdringend bewys. En hy het die las wat so swaar was om te dra, weggewerp, en die gewig van sy bed gedra, as getuienis van die oorvloed van u medelye; eer aan U.

Uit die Eksapostilarion vir die  Sondag van die Verlamde

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 3 Mei 2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s