Die Lig van die Wêreld

 Johannes 9:1-38

Vandag gedenk ons die genesing van die blindgeborene. Die Heilige Johannes vertel vir ons hoe Jesus hom uitgekies, ‘n smeersel aan sy oë gesmeer en hom opdrag gegee het om hom in die badwater van Siloam te gaan was. Toe die man terugkeer, kon hy sien.Blinde

Hierdie wonderwerk wat die Here gedoen het deur sig aan die blinde man te gee, het ‘n nou verband met die misteries wat ons sedert Pasga vier. Deur uit die dood uit op te staan, het die Verrese Christus lig aan die hele wêreld gegee en ons vrygemaak van die magte van die duisternis. By verlede week se Liturgie het ons gesing dat Christus “na Hy buite sig in die graf was, weer opgestaan het, helderder as die son, en daardeur alle gelowiges verlig.”

Die Opstanding van die Here is egter nie bloot ‘n uiterlike gebeurtenis wat ons gevra word om te bevestig nie, maar ‘n lewende werklikheid wat ons moet leer sien. Soos die man in die Evangelie is ook ons blind, hoewel ons blindheid waarskynlik meer geestelik as liggaamlik is. Ons oë het deur sonde, en deur die gevalle toestand van die wêreld waarin ons gebore is, verdonker geraak.

Die Verrese Christus kom om ons met sy lig te verlig, net soos wat Hy na die blindgeborene gekom het. Hy kom om ons van ons eie geestelike blindheid te genees. Om egter hierdie ware en reddende lig te aanskou, moet ons nederigheid en berou kweek, en ons eie blindheid erken en om genesing tot Hom uitroep.

O Here, verlig my geestelike oë, waar hulle verblind is deur duistere sonde, deur nederigheid in my in te graveer, o Barmhartige, en deur my met trane van bekering te reinig.

Eksapostilarion van die Mette vir die Sondag van die Blindgeborene

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 17 Mei  2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk, Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s