As iemand dors het, laat hom na My toe kom

 Johannes 7:37-52; 8:12

In vandag se Evangelielesing vir die Pinksterfees, hoor ons Jesus Christus praat oor die koms van die Heilige Gees. Na Hy vir sy dissipels gesê het dat Hy hulle sou verlaat, het Hy daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hom na My toe kom! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.”Pinkster vir webblad

Die Heilige Johannes vertel vir ons dat Christus hier verwys na die Heilige Gees, wat oor sy dissipels sou kom na sy Hemelvaart. Die Ou Testament is vol verwysings na water en die krag daarvan om te vernietig sowel as om te red. Net so gebruik Jesus die beeld van water om te verwys na ons geestelike dors, wat net geles kan word in Hom. Op die Sondag van die Samaritaanse Vrou het ons gesien hoe Hy Homself beskryf as die Lewende Water.

Die beeld van Lewende Water word ook op die Heilige Gees toegepas. Die Heilige Cyrillus van Jerusalem sê vir ons dat die “strome van lewende water” waarvan Christus praat, en wat uit ons harte sal vloei, “nie riviere is wat met die sintuite waargeneem word en wat bloot die aarde en sy dorings en bome benat nie. Maar hierdie riviere is riviere wat siele na die die lig toe bring.”

Daar kan na die Heilige Gees verwys word as water, na aanleiding van wat Hy vir ons doen. Die Heilige Cyrillus gaan voort:

En waarom het Hy die genade van die Gees water genoem? Omdat alles deur middel van water lewe; want water bring gras en lewende dinge voort; want die water van die reën stort uit die hemel neer; want dit daal in een vorm neer maar werk op verskillende wyses. ……  En so deel die Heilige Gees ook, omdat dit een is, en een van natuur en onverdeelbaar is, aan elkeen sy genade uit soos Hy wil. En soos wat die droë boom, na dit met water benat is, spruite uitstuur, so ook bring die siel wat in sonde verkeer, wanneer dit deur berou die Heilige Gees waardig gemaak word, trosse geregtigheid voort. En hoewel Hy een van natuur is, is daar  baie deugde wat Hy deur die wil van God en in die naam van Christus inprent.

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 31 Mei  2015

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s