Tot heiligeheid geroepe

Mt. 10:32-33; 37-38; 19:27-30

Terwyl ons vandag die Sondag van Allerheiliges vier, hoor ons Jesus Christus sy dissipels aanspoor sowel as verseker van die loon wat  wag op húlle wat alles verlaat het om Hom te volg, en wat ten spyte van swaarkry en vervolging  getrou aan Hom gebly het. Hy sê vir ons dat “wie vader en moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie” en dat “elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe.”JCLIFEGV

Dit is prikkelende woorde. Ons kan sekerlik sien dat dit op dramatiese wyse uitgeleef is in die lewens van baie van die Heiliges wat hulle gesinne en families, en soms selfs hul vaderland, ter wille van die Evangelie  letterlik verlaat het. Ons wonder miskien oor hoe dit op ons van toepassing is. Word ons nie ook tot heiligeheid geroep nie?

Dit lyk asof die antwoord te vinde is in wat in ons harte is. Christus sê nie dat ons nie ons families en gesinne moet liefhê nie, ook word nie almal gevra om hulle families en gesinne of grond te verlaat nie. Maar Hy sê wel dat as ons hierdie dinge bo Hom liefhet, ons Hom nie waardig is nie.

Waartoe Jesus Christus ons roep, is die korrekte ordening van dit waarvoor ons lief is. As Hy die middelpunt van ons lewens is, sal ons alles wat Hy ons gee, kan liefhê, maar op so ‘n manier dat dit God verheerlik. En, as ons ons verhouding met Hom koester, sal Hy ons die wysheid gee om verstandig te kies sodat ons alledaagse lewe ook ‘n pad tot heiligheid mag word. Want heiligheid word gevind nie net in die dramatiese doen van dinge vir God nie, maar in die doen met ‘n rein hart van alledaagse dinge.

Dit is aan Abba Antonius in die woestyn geopenbaar dat daar iemand in die stad was wat sy gelyke was. Hy was ‘n geneesheer van beroep en wat hy ookal meer gehad het as vir sy behoeftes, het hy aan die armes gegee, en elke dag het hy saam met die engele gesing.

Uit die Gesegdes van die Woestynvaders

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 7 Junie 2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s