Volg My

Vandag, op die tweede Sondag na Pinkster, begin ons Evangelielesings hoor uit die Evangelie van Mattheus wat ons sal neem deur van die belangrike gebeurtenisse in die lewe en bediening van Jesus Christus.

In vandag se Evangelielesing sien ons hoe Hy, kort na die begin van sy openbare bediening, die eerste apostels roep om Hom te volg en in sy bediening te deel. Daar word nie veel gesê oor hierdie manne nie, behalwe dat hulle vissers was. Hulle was, met ander woorde, sommer gewone mense, en het beslis nie onder die gegoedes of die geleerdes getel nie. En tog, so word daar vir ons vertel, is dit hierdie gewone vissers wat mede-werkers van Christus  en  “vissers van mense” sal word.

Ons weet  van agterna beskou dat hierdie nederige vissers deur Christus se leer heeltemal verander is en, deur die krag van sy dood en Opstanding en die koms van die Heilige Gees, groot sendelinge, en in die meeste gevalle, martelare vir die geloof geword het. Tog moes dit destyds alles behalwe vanselfsprekend gelyk het.

Die roeping om Christus te volg, is nie net gerig aan die apostels van die eerste eeuse Palestina nie, maar word gerig aan elkeen van ons vandag. Ons voel  miskien nietig en ontoereikend, en tog toon die geskiedenis van die Kerk vir ons dat God gewone mense kan gebruik, as hulle hulle toelaat om op sy uitnodiging te antwoord. Ons word nie almal geroep om swerwende predikers te word nie, maar elkeen van ons word deur God geroep. Ons word moontlik nie geroep om ons visnette en ons gesinne te verlaat nie, maar daar is dalk ander goed wat ons bereid moet wees om te laat vaar ten einde ons blik meer intens op Jesus Christus  te plaas.

Die Koninkryk van God het nie ‘n prys nie. Dit is werd wat jy het. Vir Saggeüs was die helfte werd van wat hy besit het, want die ander helfte wat hy onregverdiglik in sy sak gesteek het, het hy beloof om viervoudig terug te betaal. Vir Petrus en Andreas was dit die nette en die boot wat hulle agtergelaat het werd; vir die weduwee was die twee muntstukkies werd; vir iemand anders was dit ‘n beker koue water werd. So wat ons dan gesê het, is dat die Koninkryk van die Hemele werd wat jy het.

Die Heilige Gregorius Dialogos

Uittreksel uit Evangelion. ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 14 Junie 2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s