As jou oog dan reg is …….

 Matthéüs 6:22-33

Vandag, op die derde Sondag van Matthéüs, hoor ons Jesus se prikkelende woorde in die Bergrede. Hy herinner ons daaraan dat ons nie God en geld kan dien nie, want, soos Hy sê: Niemand kan twee here dien nie; want óf hy sal die een haat en die ander liefhê, óf hy sal die een aanhang en die ander verag.” En Hy gaan dan voort om ons te herinner aan die nutteloosheid van ons bekommer oor materiële dinge, want “julle hemelse Vader weet wat dat julle al hierdie dinge nodig het.”Kerse en ikone

Ons kan dalk dink dat dit vir Jesus maklik was om te sê, en dink miskien dat ons goeie redes kan gee waarom ons ons oor materiële dinge bekommer. Daarby lewe ons in ‘n gemeenskap wat skynbaar geprogrammeer is om bekommerd te wees oor wat ons sal eet of drink of dra – of die grootte van ons bankbalans.

Terwyl ons wel ‘n bietjie aandag moet gee aan die dinge van ons aardse lewe, dring Jesus deur tot die kern van die saak deur te vra wie ons eintlike meester is. Word ons gelei deur ons behoefte aan welvaart of sukses, watter vorm dit ookal mag aanneem? Of word ons gelei deur ons verlange na God, en na God se Koninkryk?

Die werklikheid is vir baie van ons is dat ons harte verdeeld is wanneer ons die mededingende werklikhede van ons lewe probeer balanseer. Die teenstrydende eise wat ons ervaar bestaan omdat ons in ‘n gevalle wêreld woon, en die stryd wat ons in ons harte  ervaar, bestaan omdat dit waarna ons verlang deur die sondeval aangetas is en genesing moet ontvang. Die pad na verlossing wat Christus ons vra om te loop, beteken die genesing van die verdeeldheid binne onsself sodat “as jou oog dan gesond is, jou hele liggaam verlig (sal) wees.”

Vir die Vaders het dit beteken om uit ‘n innelike eenheid en integriteit te lewe waarin ons verlanges in ooreenstemming met God se wil is. Dit gaan daaroor om te leer om uit ‘n enkele hart te lewe wat volkome aan God oorgegee is – nie soseer omdat ons “moet”  en omdat God ‘n “meester” is wat ons andersins sal straf nie, maar omdat dit die enigste manier is om ware vryheid te vind. Want, soos die Heilige Johannes Chrysostomos vir ons sê, is geld ‘n baie groter tiran van ‘n meester as ons ware Meester, wat sorg vir elke enkele behoefte wat ons mag hê.

Verag Christus se gebod van die liefde nie, want dit is die middel waardeur jy ‘n kind van God kan word.

Die Heilige Maximus die Belyder

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 21 Junie 2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s