Wat het ons met U te doen, o Seun van God

Matthéüs 8:28-34; 9:1

Vandag hoor ons die Heilige Matthéüs se vertelling van hoe Jesus Christus die demone verdryf het uit twee duiwelbesetenes wat in die gebied van die Gergeséners in die grafte gewoon het. Ons hoor dat hulle so kwaai was dat niemand naby hulle kon verbygaan nie. Toe Jesus verskyn, het hulle Hom herken en Hom uidagend toegeroep: “Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van God?” Na Hy die demone in ‘n trop varke gestuur het, het Christus die twee manne genees en hulle weer tot hul sinne gebring.demoniacs

Vertellings soos hierdie klink miskien vir ons vandag vreemd. Tog toon die Heilige Matthéüs vir ons dat die demone op ‘n nogal dramatiese wyse besit geneem het van hierdie manne, dat hulle die gesag van Christus erken, en dat Hy gesag oor hulle gehad het.

Dit is veelbetekenend dat hierdie besetenes in die grafte gewoon het, want dit is die plek van die dooies. En dit is ‘n feit dat die teenwoordigheid van die demoniese, van boosheid, van die duiwel self, lei tot die dood. Dit lei ook tot geweld, wat nog ‘n eienskap van die duiwel is, in absolute teenstelling met die vrede wat van God af kom.

Vandag se beskrywing klink  na ‘n ontmoeting met die demoniese van die uiterste aard. Terwyl ontmoetings van hierdie aard bestaan, is die ontmoeting met die demoniese vir die meeste van ons in werklikheid baie meer subtiel van aard. Die Vaders leer ons dat mense nie oornag deur demone in besit geneem word nie; dit gebeur met die prysgee van ons vrye wil, deur ons denke toe te laat om af te dwaal na gedagtes wat sleg is, en vandaar af is dit net afdraand, want hulle oefen toenemend beheer oor ons uit. Ons moet in ons denke waak teen boosheid en Christus vra om ons te help dat slegte gewoontes nie beheer oor ons kry nie.

Die doop neem ons vrye wil of vryheid van keuse nie weg nie, maar gee ons die vryheid om nie meer deur die duiwel getiranniseer te word nie, tensy ons kies dat dit gebeur.

Die Heilige Simeon die Nuwe Teoloog

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 5 Julie 2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s