Julle is die lig van die wêreld.

Matthéüs  5:14-19

Vandag, op die Sondag van die Heilige Vaders, luister ons na Jesus se woorde wat vir ons sê dat ons die lig van die wêreld moet wees. Hy sê vir ons dat ons ons lig só moet laat skyn voor die mense dat wanneer hulle dit sien, hulle God sal verheerlik.transfiguration

Ons is daaraan gewoond om aan Jesus Christus te dink as die Lig van die wêreld, maar Hy sê vir ons dat dit ons is wie se lig moet skyn en dat ons daardeur getuig van ons geloof. Dit skrik ons miskien ietwat af en miskien wonder ons of ons werklik die aandag op ons moet vestig.

Daar is in der waarheid net een lig, en dit is die Lig van Christus Self. Ons word nie daartoe geroep om die aandag op ons te vestig nie, maar liewer om toe te laat dat sy Lig deur ons skyn. Ons word geroep om deursigtig vir sy Lig te word. Net soos wat ‘n stuk glas meer lig deurlaat hoe skoner dit is, so weerkaats ons ook Christus se Lig al beter hoe meer ons van ons hartstogte gereinig word. Dit is nie ‘n kwessie van iets probeer wees wat ons nie is nie, maar liewer om onsself toe te laat om gereinig te word van alles wat keer dat sy lig deur ons skyn.

Hoe nader ons aan Christus kom, hoe meer word ons deur sy Lig omvou. Ons sien dit trouens in die lewens van die Heiliges wat self draers van die lig geword het. Die lig wat uit hulle straal – en waardeur ons geroep word om  gereinig te word en self uit te straal – is die Lig van Christus Self.

Die persoon wat deur nederigheid, sagtheid, barmhartigheid en regverdigheid gekenmerk word, rig nie ‘n heining om sy goeie dade op nie. So ‘n persoon maak liewer seker dat hierdie goeie fondamente tot voordeel van ander oorloop. Iemand wat rein van hart en ‘n vredemaker is, selfs wanneer hy ter wille van die waarheid vervolg word, rig sy lewe op die gemeenskaplike welsyn van almal.

Die Heilige Johannes Chrysostomos

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 19 Julie 15

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s