Gee julle vir hulle iets om te eet

Vandag, op die agste Sondag na Pinkster, hoor ons Mattheus se weergawe van die vermenigvuldiging van die brode en die visse.

Die skare het Jesus gevolg na die woestyn waar Hy Hom oor hulle ontferm het en die siekes genees het. Toe dit egter aand word, was Hy daarvan bewus dat hulle gevoed moes word. Toe die dissipels betuig dat hulle geen kos het nie, het Hy hulle opdrag gegee om die skare self te voed, en die vyf brode en twee vissies is wonderbaarlik vermenigvuldig om die skare van vyf duisend manne, sonder die byrekening van vroue en kinders, te voed.

Hierdie voorval toon Christus se medelydende besorgdheid vir dié in sy sorg. En dit toon Hom ook waar hy sy dissipels oproep om met Hom saam te werk in die versorging van behoeftiges. Hul eerste reaksie is dat hulle niks het om vir die mense te gee nie, maar Jesus Christus toon ons dat selfs die klein dingetjies wat ons dikwels nie raaksien nie, omvorm kan word en tot groot nut gebruik kan word wanneer dit aan Hom gebied word in diens van sy Koninkryk.

Die vermenigvuldiging van die brode en die vissies is egter meer as die blote versadiging van mense se liggaamlike honger, maar het ook te doen met ‘n geestelike werklikheid. Jesus Christus is Self die Lewende Brood wat ons voed met sy Woord sowel as sy eie Liggaam en Bloed. Hierdie Evangelielesing roep ons dus op om na te dink oor wat dit is waarna ons eintlik honger, na watter soort voedsel ons siele waarlik sal versadig.

‘n Sekere monnik het my vertel dat toe hy baie siek was, sy ma vir sy pa gesê het: “Kyk net hoe ly ons seuntjie. Ek sou myself met graagte in stukkies laat sny as dit sy lyding sou verlig.” Dit is die liefde van God vir mense. Hy het mense so jammer gekry dat Hy vir hulle wou ly, soos hul eie moeder, en nog meer. Maar niemand kan hierdie groot liefde verstaan sonder die genade van die Heilige Gees nie.

Die Heilige Siloean van die berg Athos

Uittreksel uit Evangelion. ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 23 Julie 2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s