Kom na My toe

Vandag hoor ons die Heilige Matthéüs se vertelling van hoe Jesus Christus na sy dissipels gekom het terwyl Hy op die water geloop het toe hulle deur ‘n storm getref is terwyl hulle die see in ‘n boot oorgesteek het. Die apostel Petrus het gevra om toegelaat te word om oor die water na Christus te gaan, maar toe die wind hom bevrees maak, het hy begin sink en het hy Christus aangeroep wat hom gered het en die storm laat bedaar het.

Walking on water

Hierdie voorval toon vir ons dat ons sonder Christus aan verskeie gevare en storms blootgestel is. Jesus kom te midde hiervan na ons en Hy roep ons om na Hom toe te gaan. Selfs al reageer ons op Hom en probeer ons Hom volg, loop ons egter steeds die gevaar om  afgetrokke te raak. Wanneer ons op die gevare om ons fokus, en ons fokus op Hom verloor, begin ons sink. Selfs dan probeer Christus egter steeds na ons uitreik, as ons gereed is om ons tot Hom te wend en soos Petrus uit te roep: “Here, red my!”

Die wêreld waarin ons woon sal ons onvermydelik voor versoekinge stel, en selfs as ons Christus wil volg, kan ons vind dat ons maklik dwaal. Ons kan ook deur ons mislukkings mismoedig raak. Daarom moet ons die gewoonte aankweek om ons voortdurend tot Christus te wend en maniere te vind om ons gedagtes en ons oë op Hom, en nie onsself, gefokus te hou. Op ons eie kan ons niks doen nie, maar met sy hulp kan ons ons vrese oorwin en die probleme waarvoor ons te staan kom, oorkom.

Die Christen moenie in moeilike omstandighede bang word of angstig raak en so van sy vertroue op God afgelei word nie; maar hy moet moed hou asof die Here daar by hom is en sy sake rig en hom versterk teen al sy teenstanders en asof die Heilige Gees hom voorlig selfs oor wat sy antwoorde aan sy vyande moet wees.

Die Heilige Basilios die Grote.

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 2 Augustus 2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s