Geloof soos ‘n mosterdsaad

Vandag, op die tiende Sondag na Pinkster, hoor ons Mattheus se beskrywing van die genesing van ‘n epileptiese seun. Hierdie gebeurtenis vind plaas net na die Verheerliking van die Here op die berg Tabor, en gaan veral oor die krag van geloof in ons lewens.

Dié seun word deur sy vader na Jesus gebring ná die apostels hom nie kon genees nie. Jesus Christus bestraf hulle vir hul gebrek aan geloof en wanneer hulle Hom later vra waarom hulle die demoon nie uit die seun kon dryf nie, skryf Hy dit toe aan hul gebrek aan geloof en sê Hy dat as ons geloof soos ‘n mosterdsaad het, sal ons berge kan versit.

Die beeld wat Jesus hier oproep, is dié van die kontras tussen ‘n mosterdsaadjie en die berg. Die mosterdsaadjie is ‘n baie klein saadjie, maar wat Christus wil tuisbring, is dat selfs ‘n klein bietjie geloof, as dit eg is, groot dinge kan doen.

Ons is soms geneig om op ‘n intellektuele manier oor geloof te dink as die aanvaarding van spesifieke leerstellings. Maar die geloof waarvan Christus hier praat, gaan veel dieper as dit. Dit is ‘n houding van algehele vertroue in die almagtige goedheid van God. Dit is die nederigheid om ons hele lewe en al ons verlanges voor God te plaas, in die vertroue dat Hy weet wat die beste vir ons is.

As ons selfs net ‘n bietjie van hierdie soort geloof het, sal nuwe moontlikhede vir ons en hulle om ons oopgaan. Dit is die soort geloof wat ons sien in die lewens van die Heiliges en dit is ‘n geloof van dié aard wat die apostels in staat gestel het om die groot en onverwagte dinge te doen wat hulle gedoen het.

Die Christelike godsdiens is nie ‘n soort filosofiese stelsel waaroor geleerdes wat in die metafisiese opgelei is, redeneer en dan aanvaar of verwerp volgens die mening waartoe elkeen gekom het nie. Dit is die geloof wat in die siele van mense gevestig is wat aan almal uitgedra moet word  en wat hulle in hul bewussyn in stand moet hou.

Die Heilige Nektarios van Aegina

Uittreksel uit Evangelion. ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 9 Augustus 2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s