Die Wingerd van die Here

Vandag, op die dertiende Sondag na Pinkster, hoor ons Matthéüs se weergawe van die gelykenis van die bose landbouers wat Jesus Christus aan sy dissipels vertel het. ‘n Huisheer het ‘n wingerd geplant en aan landbouers verhuur toe hy op reis gegaan het. Toe dit tyd word om die oes in te samel, het hy sy diensknegte na die huurders gestuur, wat hulle baie sleg behandel het. Uiteindelik het hy sy seun gestuur, met die gedagte dat die huurders hom sou ontsien. Hulle het hom egter gegryp en doodgemaak, met die plan om sy erdeel in besit te neem.

Jesus gebruik hierdie gelykenis duidelik om na Homself te verwys. Sedert die begin van die skepping het God vir sy wêreld gesorg en dit aan menslike huurders toevertrou. Toe die volk Israel van sy weë afgedwaal het, het Hy vir hulle profete gestuur om hulle na Hom toe terug te roep. Uiteindelik het Hy hulle sy eie Seun gestuur, maar Christus wys hier daarop hoe ook Hy deur die Jode verwerp sou word. Hoewel Hy verwerp sou word, sou Hy ook die “hoeksteen” word van die nuwe volk wat God sou vorm in die Kerk.

Hierdie gelykenis verwys na die gebeure van ons heilsgeskiedenis, maar dit verwys ook na elkeen van ons persoonlik. In sy kommentaar op die Evangelie-gedeelte, wys die Heilige Johannes Chrysostomos op hoeveel sorg die huisheer aan sy wingerd gegee het, deur selfs dinge te doen wat eintlik die huurders se verantwoordelik was. God het met elkeen van ons groot sorg geneem, maar ons is al te dikwels daarvan onbewus, of neem dit as vanselfsprekend aan. Soos die huurders loop ons die risiko om God se boodskappers te veronagsaam en om selfs sy Seun  wat na ons toe kom, te verwerp. Ons het ‘n groot verantwoordelikheid om al die seëninge wat ons ontvang het, goed te gebruik, en om met God saam te werk in die versorging van sy wingerd, elkeen op sy eie manier.

Dit is God, wat barmhartig is en aan almal skenk wat hulle nodig het, wat hom opbou wanneer Hy hom meer gee as wat hy nodig het; deur dit te doen, toon Hy ons die oorvloed van sy liefde vir die mens en leer Hy hom om dankbaar te wees. Wanneer Hy hom nie gee wat hy nodig het nie, vergoed Hy hom vir wat hy nodig het deur die werking van sy denke en leer Hy hom geduld.

Die Heilige Dorotheos van Gaza

Uittreksel uit Evangelion. ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 30 Augustus 2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s