Waar is jou bruilofskleed?

Matthéüs 22:2-14

In vandag se Evangelielesing hoor ons van ‘n koning wat ‘n bruilofsfees gehou het. Toe die genooide gaste nie opdaag nie, het hy sy diensknegte uitgestuur om hulle te gaan soek. Maar toe hulle nie daarin belangstel om te gaan nie, het die koning hulle verwerp en sy diensknegte uitgestuur op die paaie om almal wat hulle kon vind na die feesmaal te nooi.

Church_of_Christ_iconJesus Christus gebruik dikwels die beeldspraak van ‘n bruilofsfees om die Koninkryk van God te verduidelik. God het al na sy volk uitgereik in die heilsgeskiedenis wat ons lees in die Ou Testament. Uiteindelik het Hy in Jesus Christus Homself so met die mensdom verenig dat hierdie eenheid die beste met die van ‘n huwelik vergelyk kan word waar die Seun van God Hom met sy Kerk verening. God stuur sy diensknegte uit om alle mense te nooi om aan hierdie eenheid in die Kerk deel te hê. Die Evangelie sê vir ons dat die diensknegte almal wat hulle kon vind, ingebring het, die goeies sowel as die slegtes.

Dit maak dit duidelik dat die bruilofsfees vir almal bedoel is. Niemand word uitgesluit nie, behalwe hulle wat hulleself uitsluit. Hierdie Evangeliegedeelte laat ook ‘n wanklank hoor deur vir ons te vertel van die man wat die feesmaal sonder ‘n bruilofskleed bygewoon het. Toe die koning hom sien, was hy sprakeloos en het daarop aangedring dat dat hy in die buitenste duisternis gewerp word “waar daar ‘n geween sal wees ‘n en die gekners van die tande.”

Dit klink dalk vir ons onregverdig: Hoe kon die koning allerhande soorte mense na sy feesmaal nooi en dit dan teen iemand hou as hy nie behoorlik aangetrek is nie? Die Vaders sê vir ons dat hierdie man ‘n hele groep mense verteenwoordig en dat sy bruilofskleed iets veel meer fundamenteel verteenwoordig as blote klere. Die bruilofskleed in hierdie gedeelte simboliseer ‘n innerlike houding waarna die Vaders verwys as liefde, geregtigheid en ‘n egte bekering.

Ons word almal in die Kerk verwelkom, die slegtes saam met die goeies. Maar hierdie verwelkoming is net die eerste stap, want wat regtig saak maak, is dit wat in ons harte gebeur.

U bruilofsaal, my Verlosser, sien ek versierd, en ek het nie ‘n kleed om daar in te gaan nie. Maak die gewaad van my siel stralend, en o Skenker van Lig, red my.

Uit die Bruidegomsmette van Heilige Week

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s