Neem jou kruis op

Vandag, op die Sondag na die Fees van die Verheffing van die Eerbiedwaardige en Lewegewende Kruis, gaan die Kerk voort om ons aandag te vestig op die Kruis van Christus. In vandag se Evangelielesing, hoor ons Jesus Christus se prikkelende woorde wat ons vra om onsself te verloën, ons kruis op te neem en Hom te volg.

In die Kruis van Christus sien ons die mate waartoe God se liefde vir ons uitgestort word, waar Jesus Christus ingegaan het tot in die dieptste wese van ons menslike nood. Ons kan nie die Misterie van die Kruis toereikend verklaar nie en dit bring ‘n paradoks mee, want, soos die heilige Paulus dit vir ons stel, God se mag word in swakheid getoon. Die Kruis van Christus toon ons die mag van lydende liefde, en verkondig dat dit dié liefde is wat uiteindelik die sonde en die dood oorwin.

In party opsigte is ons lewe as Christene ook gegrond op ‘n paradoks. Jesus se oproep dat ons onself verloën, ons kruis opneem en Hom volg, mag miskien ‘n bietjie waansinnig voorkom en selfs lyk soos iets onverantwoordelik om te doen. Tog sê Hy vir ons dat ons alleen deur dit te doen ‘n ware lewe sal kan hê.

Christus roep ons nie om suurpruime te wees wat nie daartoe in staat is om die goeie dinge in die lewe te geniet nie. Maar Hy roep ons tot nadenke oor wat dit is waarvoor ons eintlik lewe .  Enigiets wat die moeite werd is, sal onvermydelik lyding op die een of ander manier meebring, en wanneer ons kies om Christus te volg, moet ons ook bereid wees om in die Misterie van sy Kruis te deel, want dit is net deur die Kruis dat ons die ware lewe kan vind.

Wat is die wil van God wat Paulus elkeen van ons aanmoedig en nooi om te bereik?Dit is die volkome reiniging van sonde, om vry te wees van die skandelike hartstogte en die verkryging van die hoogste deug. Dit is met ander woorde die reiniging en heiliging van die hart wat teweeggebring word deur die volledige en bewuste deelname aan die volmaakte en goddelike Gees.

Die Heilige Makarius van Egipte.

Uittreksel uit Evangelion. ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 20 September 2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s